Twee dood ná verdagtes op ma, kinders losbrand

Argieffoto

Twee mense is dood toe drie verdagtes Saterdagaand by ʼn ma (43) en haar kinders se woning in Bungeni Basani-nedersetting ingestorm en op hulle losgebrand het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die gewapende mans het omstreeks 20:30 geld en selfone geëis en nog voor die ma kon reageer op hulle losgebrand.

“Die dogter (25) is op slag dood. Die ma en haar twee seuns, onderskeidelik 19 en 21 jaar, is ook raakgeskiet,” het Ngoepe gesê.

Die ma en haar seuns is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir mediese noodbehandeling.

“Tydens die onderonsie is een van die verdagtes deur een van sy makkers doodgeskiet voor hulle die slagoffers van hul selfone beroof en in die nagdonkerte verdwyn het,” het Ngoepe gesê.

Die polisie is in kennis gestel van die voorval en die een verdagte se liggaam is ʼn ent van die huis af opgespoor. “Die drie selfone wat tydens die aanval gesteel is en R1 200 kontant is in sy besit gevind,” het Ngoepe gesê.

Die polisie ondersoek onderskeidelik ʼn saak van moord, drie sake van poging tot moord asook huisroof.

Die drie slagoffers sterk nog volgens Ngoepe met ernstige skietwonde in die hospitaal aan.

Die gemeenskap het ná die voorval chaos veroorsaak en die paaie tussen Diza- en Mashau-nedersettings met verskillende voorwerpe versper.

Die verdagte se identiteit is nog nie bekend nie. Daar is nog niemand in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Mense wat die polisie kan help met inligting oor die verdagtes kan 0860 010 111 of hul naaste polisiestasie nader.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gerrit ·

Die diewe is so dom soos grond ,totaal geen beplanning, maar die plaasaanvallers blyk goed voorberei en opgelei te wees dit laat mens wonder??

Duitser ·

En onmidelik word n pad versper seker nog met brande ook.??

Muffin ·

Ja Duitser, en dan maak hulle dit nog moeilik vir noiddienste en polisie om te faan help.

snoefie ·

askies? die ander drie het op vlug geslaan al was hulle bewus dat die buit in hulle dooie makker se besit was? hoekom maak die prentjie nie sin nie?

JAmes ·

Eers die plase, nou die nedersettings …Die ANC en EFF het die mense opgesweep om wittes op plase te vermoor .. ongelukkig gee ‘n krimineel/moordenaar/verkragter nie meer later om WIE is die slagoffers nie, of dit ‘n wit plaasboer en sy gesin is en of dit ‘n swart gesin in ‘n nedersetting is .. dit word TOEGELAAT en AANGEHITS deur die EFF en ANC kaders. Hoe meer ons waarsku hoe MINDER luister die swartmense .. Dit BEGIN by wit en kring uit na swart/kleurling/indier, maar NEE terwyl die wittes onder aanslag is .. lag die parlement daarvoor en ander swartes hits dit aan NET totdat dit in hulle nedersettings begin gebeur dan brand die wereld weeren word fotos van huilende gesiggies die wereld ingestuur …!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.