Twee mense is dood en nege ander beseer toe ʼn bakkie Saterdagoggend op die R546 buite Secunda gerol het.
Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê nooddienste is Saterdag net ná 05:00 na die toneel ontbied.
“Sommige beseerdes het buite die wrak op die grond gesit met die aankoms van nooddienste op die toneel,” sê sy.
Twee mense het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar. Nege ander mense, wat geringe tot matige beserings opgedoen het, is na die Evander-hospitaal vervoer.
“Die presiese oorsaak van die botsing is nie in dié stadium bekend nie. ʼn Polisieondersoek is van stapel gestuur,” sê sy.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Is daar nie n wet in plek wat sê jy mag nie mense op n oop bakkie vervoer nie?
Waar is die regter voorwiel?Geen voertuig kan op 3 wiele ry nie!
Afgebreek met die impak van die rol as jy my vra Chris. Nog steeds dis n Tolla bakkie (Stallion) en is maar klein…..
Slagoffers wat sit maak nie sin nie julle bedoel seker beseerdes.
Die voertuig het gerol, maar die oorsaak van die botsing word ondersoek ?
Was daar dan nog `n voertuig betrokke ?