Twee dood, nege beseer toe bakkie rol

‘n Foto van die toneel (Foto: Verskaf)

Twee mense is dood en nege ander beseer toe ʼn bakkie Saterdagoggend op die R546 buite Secunda gerol het.

Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê nooddienste is Saterdag net ná 05:00 na die toneel ontbied.

“Sommige beseerdes het buite die wrak op die grond gesit met die aankoms van nooddienste op die toneel,” sê sy.

Twee mense het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar. Nege ander mense, wat geringe tot matige beserings opgedoen het, is na die Evander-hospitaal vervoer.

“Die presiese oorsaak van die botsing is nie in dié stadium bekend nie. ʼn Polisieondersoek is van stapel gestuur,” sê sy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Leahim ·

Is daar nie n wet in plek wat sê jy mag nie mense op n oop bakkie vervoer nie?

Carel ·

Was die bakkie oop voor ongeluk? Veselglas canopy breek maklik en gewoonlik af as bakkie rol?

Chris Ws ·

Waar is die regter voorwiel?Geen voertuig kan op 3 wiele ry nie!

CE ·

Afgebreek met die impak van die rol as jy my vra Chris. Nog steeds dis n Tolla bakkie (Stallion) en is maar klein…..

Louw ·

Slagoffers wat sit maak nie sin nie julle bedoel seker beseerdes.

Swannie ·

Die voertuig het gerol, maar die oorsaak van die botsing word ondersoek ?

Was daar dan nog `n voertuig betrokke ?

Leahim ·

Hoe sal die polisie hulself regverdig elke berig wat jy lees ondersoek hulle iets maar jy sal nooit hoor van voorkoming nie nie. Ek is hierdie jaar deur sonder dat ek deur een padblokade was of dat n verkeers polisieman my afgetrek het en gevra het om my lisensie te sien en my opinie is dat dit n skande is en ek glo n baie groot bydra tot hierdie misdaad geteisterde tyd waarin ons is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.