Twee dood op Limpopo-kleinhoewe gevind

Marius Horn en Hans Fourie. Foto: Facebook

Marius Horn en Hans Fourie. Foto: Facebook

Die liggame van twee mans is Maandagoggend in ʼn huis op ʼn kleinhoewe buite Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo gevind.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn werker het vanoggend op Marius Horn (50) en Hans Fourie (27) se liggame in ʼn slaapkamer in die huis afgekom. Albei het koeëlwonde in hul koppe gehad. Die vuurwapen, wat vermoedelik tydens die voorval gebruik is, ʼn 9mm-pistool, is ook op die toneel gevind.

Volgens Otto was daar geen tekens van gedwonge toegang tot die huis nie. Sy het bevestig ʼn moorddossier is intussen geopen, maar gesê dit kan later verander soos die polisie se ondersoek vorder.

Horn en Fourie was volgens Fourie se Facebook-profiel in ‘n verhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Piet Pompies ·

Uit die berig wil dit voorkom of dit moord (selfmoord) was en dat die twee mans in ‘n verhouding was. Hoekom moet mens tot so ‘n stap oorgaan om jou of iemand anders se lewe te neem, ek is seker daar is iemand wat jou lief het en dit is reeds hulle wat nou swaarkry.
Kry hulp, dit is oral beskikbaar, moet nie dat selfsug die oorhand kry!

Rieka ·

Jammer, maar dit het niks met selfsug te doen nie. Totdat jy nie die donker van depressie op sy ergste ervaar het nie, sal jy nie verstaan nie. Dis so goed jy sê vir ‘n vis hy moet boom klim.

Ag sommer maar net ·

Weet jy dalknwat Tessin hulle en God plaas gevind het voor die einde? Wie weet net dalk het hulle daai 5 sekondes na die sneller getrek is vir God vergifnis gevra, hoe Sal ons nou weet hmmmm en waar kry ons die reg om te oordeel? Jyt hulle of hulle omstandighede seker nie geken nie (ek ook nie en ken hul nie) so nog minder mag jy oordeel nie, ek Sal voorstel om volgende keer bietjie senstief te wees teenoor so iets want hul het families en friends gehad, sterkte vir die Families en friend God se mooiste blomme is gepluk en vrede en vertroosting vir julle almal

Anoniem ·

Tragies, ek is geskok. Hans was n lieflike mens…En baie het hom lief gehad. n Ware vriend vir almal..

Anoniem ·

Hans jy gaan so gemis word!!! My hart is stukkend jy was n wonderlike mens jou plekkie sal nooit weer gevul kan word nie. Mag almal wat so oordeel asb net groot word, die mense het familie en vriende gehad wat seer het vandag as julle niks goed kan se bly asb stil, as julle Hans geken het sou julle verseker nie so gou geoordeel het nie. Hans RIP Lief jou altyd

Sarah ·

Hans jy was en sal altyd wees. Ons is stukkend!! Rus in vrede my ou dons!!*

... ·

Ja mens sal seker nooit weet wat druk jou sover om so iets te kan doen nie. Mag sy siel nou rus RIP. Jy sal altyd in ons harte wees.

Christa Mouton ·

Rus In vrede Hansie en Marius. Dit is nie vir ons om te oordeel nie, net Goed Allen weet wat daar gêneur het. Ons gaan julle almal mis

ursula ·

Nie een van ons kan hul oordeel nie.ons weet nie wat het daar gebeur nie.maar dit is tussen hul 2 en die hemelse vade.en al wat kan se dit is hartseer.hoeveel mens gaan ons nog verloor in n famielie.maar hans sal altyd in ons harte wees en bly.hy was n mens wat sy lewe vol uit gelewe het.hy was n goeie mens.ons sal hom altyd lief he.en gaan hom mis.

bakoor ·

Maak nie saak vir watter span Jy speel nie. Dinge gebeur en niemand kan dit keer nie. RIV

Anoniem L ·

Ek stem honderd persent saam. Hans was n goeie kind met n pragtige geaardheid. Rus in vrede Hans.

Annoniem ·

RIP ? Hans Fourie en Marius Horn

Ek was gelukkig om jou te kon ken vir jare.
Jy was ‘n vriend wat vir my baie beteken het.

Jy was ‘n goeie mens met ‘n goeie hart.

Maak nie saak wat gebeur het nie, ons sal julle altyd naby aan ons harte dra.

Die mense wat agterbly het soveel seer, wat ons Hemelse Dad sal genees met tyd.

Sterkte aan die familie xx

Marina Horn ·

Marius, jy was een van die dierbaarste, wonderlikste mense wie ek die voorreg gehad het om my swaertjie te kon noem. Ek was lief vir jou. Mag God self jou beloon, Hy wat ons harte ken en weet hoe n mooi mens jy was. Rus in vrede, my boetie.

Annoniem ·

Dis tragies!
Ek kan nie hieroor kom nie ?
My hart is stukkend!
Hoekom, Hoekom, Hoekom?

Hans ek gaan jou mis met alles in my!

Mag jy in vrede rus.
Tot ons weer ontmoet.

Annoniem ·

Hans Fourie
My hart breuk vir jou familie. Jy was nog so jonk. Jou hele lewe was nog voor jou.
Maar ek weet jy is nou op ‘n beter plek. In die hemel By jou boetie.
Hoop dat almal berustig sal vind op een of ander stadium.
Hoop dat almal se vrae beantwoord sal word eendag.

Baie mense is verbaas. Baie mense is geskok. Almal wil weet hoekom……?
Ons wonder wat gebeur het.

Jy los ‘n leemte agter in jou moeder se hart, in jou vader se hart en in jou 2 boeties se harte.

Koejawel ·

Rus In Vrede My Vriend
Hans Fourie
Wens ek kon jou nog een keer sien smile.

Hartseer ·

As mens maar net kan weet hkm?, hkm nie met iemand gepraat nie?. Hkm dit as ‘n einde sien wat ook al die rede of oorsaak was?.. Soveel mense was lief vir julle❤ en sal gehelp het sonder om te oordeel of hard gepraat het?. Julle was sulke goeie mense, almal gehelp?. As dit maar net anders was en net verder gedink het?. Nou is jy by jou pragtige boetie?. Ek kan nie se hoe kwaad is ek hoe dinge uit gedraai het nie?. Mag julle vrede kry? en mag julle siele rus?. Mag die HERE? by elke een van julle wees wat se harte seer het.? Here Jesus sal julle almal bewaar en by julle staan.? Rus saggies hans? ons gaan jou mis en is ongelooflik baie? lief ?❤vir jou. RIP XXX ?

Anoniem ·

Hans en Marius julle was twee pragtige mense met harte van goud. Dis baie hartseer en n groot tragedie. Julle sal alby baie gemis word. Gaan die saam kuier baie mis. RIV

Gebroke ·

Hoekom moes dit so ver gaan?
Daar was rooi ligte voor die tyd.
Hans my ou mater, ek wil dit nie glo nie. Dit voel unreal.
RIV
Ek gaan jou mis.

Petro ·

ou dons jy gaan verseker gemis word:-(!
Wens ons kon nog net een keer saam kuier soos in die ou dae !
RIV my vriend tot ons weer ontmoet XXX

Jackie ·

Ou Hans ai woorde kan nie se hoe ons jou gaan mis nie.
Jy kon altyd n mens laat lag het as n mens seer gehad het.
Gaan jou mis jy was n ster het altyd lig gebring waar dit donker was.
Tot ons eendag weer omtmoet Totsiens Hans R.I.P

Hermarie Wolhuter ·

Ag ek is vreeslik jammer om te hoor oor alles.!!!!!!!!
Ek wil nie kommentaar lewer of iemand oordeel nie maar ek wil net vir elkeen se baie sterkte.
Ek bid vir elkeen van die familie en vriende, dat GOD jul sal dra en krag sal gee deur die moeilike tyd.
Ek het hulle nie geken nie,maar dis vreeslik en ek is so jammer vir elkeen se hartjie wat gebreuk is, en die groot leemte wat agter gelaat word.
sterkte met die begrafnis reelings, ek weet dis nie maklik nie.
Lief jou Dicks….xxx

Hoop julle almal vind vrede en rustigheid in julle harte.

Piet pompies ·

Jul altwee sal gemis word van albei kante af niemand kan oordeel nie net die forensiese toetse sal bepaal wie het wat gedoen RIP hans dons wn marius

Linda ·

Ja niemand ken die seer van n ander mens nie..Ons almal lag en hou n front voor.Ek is self n mamma van 4 kinders.My oudste kind is ernstig siek..hy is maar 24.my jongste amper.maar in n jaar se tyd het my gesondheid net so agteruitgegaan dat ek ook daaraan gedink het.Maar die wete dat hul en my man my nodig het.het my na n dokter vir n 4de keer gedwing..en uiteindelik het ek by n wonderlikke.liefdevolle dokter wzt die Here die uitgekom…ekt die regte anti depressant gekry..die vorige ee het al my gevoelens en denke verander..amper het ek dinge gedoen wat jy nie kan terug draai nie…so al my innige simpatie aan die mense wat hul liefgehad het…en in besonders hul ouers..ons mag nie oordeel jie..hou dit maar vir Onse Vader…Rip.Hans en Maruis…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.