Twee dood, ouer gewond na skietery by skool

Die toneel. Foto: ANA

Twee rowers is Donderdag by die Edenvale High School in Edenvale aan die Oos-Rand doodgeskiet.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het gesê nog ʼn rower is gewond maar kon daarin slaag om saam met twee van sy makkers te ontsnap.

Volgens Makhubele het die polisie op die toneel aangekom toe die rowers besig was om op die vlug te slaan en het ʼn skietgeveg uitgebreek.

Die verdagtes het met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug. Volgens Makhubele is op ʼn AK47 en twee handwapens beslag gelê.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, het gesê een van die rowers het hom as ʼn ouer voorgedoen en dat die rowers so toegang tot die skool gekry het.

Volgens Mabona het een van die rowers ʼn ouer by die skool se motor gesteel en is die ouer geskiet en gewond. Geen leerders of onderwysers is tydens die voorval gewond nie. Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, was ook by die skool na die voorval.

Die skool het intussen in ʼn kort verklaring die voorval bevestig en gesê die onderwysdepartement het toestemming gegee dat eksamens wat Vrydag afgelê sou word na Maandag skuif. Die skool sal egter Vrydag van 08:00 tot 13:00 oop wees vir leerders wat berading verlang.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Annette ·

Dit is skokkend dat daar deesdae so gereeld gehoor word van voorvalle by skole. Veiligheid by alle skole moet opgeskerp word.

Zorro ·

Kan die BLF dalk vir ons sê of dit die rowers wat geskiet is, se voorvaders is wat hulle gestraf het?

Gert ·

En die muti wat hulle bestand teen vuurwapens moes maak, was ook nie lekker nie.

Net so ·

Slaan jy nou die spiker op die kop Zorro.

Ek het eindelose nagmerries oor of ek een dag by die werk gaan sit en n oproep gaan kry dat my kinders by skool iets oorgekom het, ek sit elke aand op my kniee en vra vir hulle veiligheid, maar ek begin al hoe meer en meer voel om n veraaier vir my kultuur te word en lad uit te vlug terwille van my kinders.

HESTER ·

DIE MUTI WAT VIR HULLE GGEE IS OM HULLE TE BESKERM HET VERVAL

Ai. ·

Wild wild west…Cerel se mos dit is reg dat die res van Afrika vrylik oor die grense na Suid Afrika toe kan beweeg…

Gert ·

Die volgende wat hul sal toeslaan is seker n oue tehuis of n hospitaal

Stella ·

Dit gaan net so erg in hierdie rommel-land soos oorsee,die knders gaan GEEN geleerdheid kry op die manier nie!lyk my home schooling gaan dalk Al oplossing wees,?

Obserweer ·

Dus hartseer hoop die res van die skurke word gevang. Ons moet elke dag vir ons ens ons geliefdes see veiligheid BID.

Cherokee ·

Leon, hierdie storie raak oud en uitgery. Geen een va hulle is so vrygewig dat hulle hul buit sal deel met ‘n politieke party. Jy probeer voorgee dat hulle so lojaal is aan politieke partye dat hulle hul lewens sal gee daarvoor. Dit is een van vele stories wat vashaak in forums soos hierdie. Hulle doen dit slegs vir eie gewin.

Ai. ·

Lesufi daar vir die vervalde rowers se familie vir bystand sekerlik…

Edd ·

Hulle wil strenger wetgewing inbring om sodoende misdaad te bekamp, tog word automatiese gewere gebruik wat al vir meer as 20 jaar onwetig is om te besit!

jakes ·

Die skool is n klipgooi van die polisiestasie af. Moenie vergeet dat selfs polisiestasies al beroof is in die verlede. Kriminele beweeg vryelik rond tussen ons en vrees niemand nie. Veiligheid by skole en selfs kerke is hopeloos onvoldoende. Tuisonderrig is die enigste oplossing. Geluk aan die polisie vir die uitwissing van 2 skurke.

Hendrik ·

Die geheim is om hierdie voorval te verhoed is ken jou ouers, of identifiseer hulle behoorlik voordat hulle toegang verleen kan word tot die skool terrein.

Maggie ·

Na maande se twyfel is ek doodseker dat ek die land moet verlaat as ek kinders wil hê. Daar is nie ‘n manier dat ek kinders in Suid-Afrika kan grootmaak nie.

liekie ·

Wat gaan deesdae aan?
Dis skokkend om sulke nuus te hoor.
Dit raak amper soos gevalle uit VSA uit.
Liewe Vader, beskerm tog ons kinders (en ou volkie) elke dag ASB

ALLIE ·

Ek onthou nog die Bom/Terroriste aanval drills wat ons by die skool moes oefen 4 keer per jaar.

Francois ·

Een van die dae storm hulle by die Kerk in op n’ Sondag en roof die mense. Daar is geen wet en orde in ons land en mens is nerens meer veilig nie.

Ouer ·

Wat se ouer is gewond? Ek dog dit is nog ‘n rower wat gewond is?

Ja en? ·

En Cherokee, jou inligting kom waarvandaan? Jy weet vir ‘n feit rooftogte het niks met finansiering v politieke partye uit te waai nie? En jy weet dit hoe? Of is jy maar net slimmer as ons algar? Bewys jou siening ou maat of dit bly maar ‘n siening, soos wat elkeen geregtig is op een

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.