Twee dood, ses beseer in kettingbotsing

Nooddienste op die toneel. Foto: Verskaf

Twee mense is dood en ses ander beseer in ʼn kettingbotsing Dinsdag op die N2-snelweg in KwaZulu-Natal.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Recue, het gesê die botsing het naby Tinley Manor aan die Dolfynkus plaasgevind.

Volgens Herbst het een van die voertuie glo in die noordelike baan van die snelweg gery toe die bestuurder glo by ʼn padwerkery beheer oor die voertuig verloor het.

“Die voertuig is oor die middelmannetjie waarna dit in aankomende verkeer gery en trompop teen twee voertuie gebots het,” het Herbst gesê.

“Drie voertuie was in die botsing betrokke en die ongeluk het veroorsaak dat ʼn groot gedeelte van die N2-Suid vir verkeer gesluit moes word.”

Een van die mense wat dood aangetref is, se liggaam was in een van die voertuie se wrakke vasgekeer en moes deur brandweerbeamptes uit die wrak gesny word. “Die ander slagoffer wat dood op die toneel aangetref is, is uit een van die voertuie geslinger.”

Ses mense het matige tot ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Owerhede ondersoek die presiese omstandighede rakende die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

D P J ·

Die Natal se bestuurders is van die swakte bestuurders. Elke week is daar talle dood in voertuig ongelukke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.