Twee dood, sewe haweloos ná brande in Kaapstad

Jermaine Carelse, woordvoerder van Kaapstad se brand- en reddingsdiens (Foto: ANA)

Twee persone is dood en sewe is haweloos gelaat ná brande reg oor Kaapstad.

Jermaine Carelse, woordvoerder van Kaapstad se brand- en reddingsdiens, het gesê die twee persone is dood in brande onderskeidelik Sondag en Maandag.

Die persone is oorlede in brande in Browns Farm in Philippi en Wallacedene in Kraaifontein.

ʼn Man is Saterdag dood toe ʼn brand by ʼn informele huis uitgebreek het. Die Gugulethu-brandweer is ná 22:00 na die toneel in Browns Farm ontbied. Die man se huis is in die brand verwoes.

Brackenfell-brandweer is omstreeks 01:00 na die toneel in Ntonganastraat in Wallacedene ontbied. “Twee informele huise is verwoes en die liggaam van ʼn onbekende persoon, waarvan die geslag en ouderdom onbekend is, is tussen die puin gevind,” het Carelse bygevoeg.

Die oorsaak van die brande is nog nie bekend nie. Die polisie stel ondersoek in by albei gevalle.

In ʼn afsonderlike voorval het die stad se brandweer Saterdag omstreeks 19:00 ook reageer op ʼn brand in Gumtreeweg in Steenberg. Vier informele huise is verwoes en sewe persone is haweloos gelaat. Geen beserings is aangemeld nie. Die oorsaak van hierdie brand is ook nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae