Twee dood, talle beseer in Secunda-ongelukke

Twee mans is dood toe die vragmotor en Volkswagen Polo bots [Foto: Verskaf]

ER24-nooddiens het Saterdag laataand op twee ernstige ongelukke in Secunda, Mpumalanga, gereageer.

In die een ongeluk wat om 23:35 aangemeld is, is twee mans dood en twee in die hospitaal opgeneem toe ʼn vragmotor en ʼn ligte motor op Charlie 5-pad in die dorp gebots het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici met hul aankoms op die toneel die opgefrommelde motor saam met die vragmotor langs die pad aangetref.

“Vier mense is in die motor aangetref. Twee mans het reeds aan hul beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar,” bevestig Meiring.

“Daar was ook ʼn vrou met kritieke beserings en ʼn man met geringe beserings. Hulle is op die toneel behandel voordat hulle per ambulans na nabygeleë hospitale geneem is vir
verdere mediese behandeling.

Etlike minute voor dié ongeluk is ʼn man ook in ʼn kritieke toestand na die Mediclinic Highveld gehaas nadat hy beheer oor sy motorfiets verloor het. Die ongeluk het om 23:08 in
Nelson Mandelaweg in die dorp gebeur.

“Paramedici het die man, vermoedelik in sy 40’s, ʼn entjie van die motorfiets aangetref. Daar was reeds verskeie gemeenskapslede by hom wat noodhulp toegepas het.”

Die man het ernstige kopbeserings opgedoen.

Die polisie ondersoek albei ongelukke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vicky ·

Hoe doen jy kop beserings op as jy ñ helmet dra? Tensy hy niè een op gehad het nie?

Swerwer ·

Jy doen beslis kop beserings op, dit is waarom ‘n helmet nie van ‘n persoon verwyder mag word as daar ‘n ongeluk plaasgevind het nie. En so baie keer hoor jy van mense wat op ‘n toneel help en die persoon se helmet verwyder het.

LiveAndLetLive ·

Hartseer verhaal, As bestuurder wat heel dag op ons paaie is, sien ek so gereeld die VW karretjies jaag soos mal mense op ons paaie, en dan die risiko vir hi-jackings ook met VW – raak n probleem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.