Twee dood, talle beseer in stormloop by ENB-stadion

Foto: Twitter via @blacklabelsa

Minstens twee mense is dood en talle ernstig beseer in ʼn stormloop Saterdagmiddag net voor die wedstryd tussen Kaizer Chiefs en Orlando Pirates in die ENB-stadion buite Johannesburg.

Dominic Chimhavi, ʼn woordvoerder van die SA Football Association, het dié nuus bevestig.

Die stormloop het by die J-hek van die stadion plaasgevind.

Volgens Chimhavi het die wedstryd tussen die twee sokkerspanne om die Carling Black Label-beker voortgegaan ná die voorval.

Volgens gerugte op sosiale media was daar ʼn stormloop omdat ondersteuners probeer het om in groot groepe by die hekke in te kom.

Meer besonderhede oor die voorval is nie in dié stadium bekend nie.

Die Kaizer Chiefs het met die louere weggestap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

lewies ·

Dit is ‘n katestrofe jammer om dit te hoor. Het ons gewoont geraak aan “Ons leer ‘n les as dit te laat is. Hoop nie dat Suid-Afrika in sy geheel op dieselfde pad is nie.

Drieks ·

Die dag wat jy begin loop word jy geleer om in rye te staan. Hoeveel mense in ons lande is al dood omdat hul in bondels wil beweeg.

Wie wil weet? ·

Skuus, nie donker wedstryde nie, maar sokker wedstryde.
Wat gebeur as auto correct op foon aan is. He he he!!!

Jo-Anne ·

Oor die algemeen sou ek die opskrif lees en net aan scroll. Maar ons was gister oppad terug van Clarens af na Johannesburg en het n klomp ondersteuners by die Vaal onestop by Villiers gekry, hulle was jolige en die hele atmosveer was sommer opwindend. Dit het my laat dink aan toe ek jonger was en met ons kerk jeug of skool op n toer gegaan het. Om te dink dit kon dalk iemand gewees het wie daar fotos geneem het of gesing en dans het in die parkeer area. Dis nogal hartseer. Mag die Here hulle families krag en vrede gee.

Johanna Botha ·

Omwettige kaartjies is verkoop …so die wortel is weereen korrupsie !

Kan verkeerd wees ·

Ek kan verkeerd wees, maar is dit nie die FNB Stadium.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.