Volgens die provinsiale departement van gesondheid het twee paramedici ʼn pasiënt vervoer toe die ongeluk plaasgevind het. Die twee paramedici is in die ongeluk dood, terwyl die pasiënt ligte beserings opgedoen het.
ʼn Private ambulansdiens het die pasiënt in ʼn stabiele toestand na die Pelonomi-hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.
Was die ambulansbestuurder ‘n eks-taxibestuurder? ‘n Mens verwag dat die ambulansbestuurders goed opgelei word ten einde pasiënte vining maar veilig na hospitale te neem – ek wonder maar net . . . .
Aijaijai…gelukkig was die pasient nie kritiek voor die ambulans hom opgelaai het nie, en darem gelukkig ook nie na die ongeluk nie. Sterkta aan die paramedici se families.
Ja Christa die ambulans lyk soos n taxi so enige iets is moontlik.Dit darm jammer ons nie eers meer veilig in n abulans nie.
Simpatie aan die oorledenes se families. Mag jul by God vertroosting vind.
Ag asb tog, nou dat ons nie meer veilig is in die ambulanse nie weet ek nie wat ons gaan maak nie. Want elke dag slaan daar 10 ambulanse om met pasiente in!!!
Seriously???
N ongeluk gebeur met enigeen, nie net met jouself nie!! As dit gereeld gebeur is dit n ander saak ja, maar gelukkig gebeur dit min dat n ambulans in n ongeluk kom ongeag van hoe hulle moet jaag en hul eie lewens in gevaar stel om jou lewe agter in die wa te probeer spaar!!