Twee dood toe busbestuurder ryloper glo agternasit

Argieffoto (Foto: memyselfaneye, Pixabay)

Twee leerders is dood toe ʼn bus langs ʼn pad in Noordwes gerol het terwyl die busbestuurder glo ʼn ryloper te voet agternagesit het.

Die ongeluk het Dinsdag in Groot-Marico naby Zeerust gebeur. Afgesien van die twee leerders wat dood is, is nog 20 leerders beseer.

Daar word beweer dat die busbestuurder vroeër die dag ʼn ryloper opgelaai het wat onderneem het om R20 te betaal vir die rit. Toe die bus egter stilhou, het die ryloper na bewering uitgespring en laat spaander sonder om die R20 te betaal.

Die busbestuurder het die bus se enjin laat luier terwyl hy uitgespring en die ryloper agternagesit het. Terwyl die busbestuurder glo die ryloper gejaag het, het die bus gerol en op sy kant te lande gekom.

Freddy Sepeng, woordvoerder van die Noordwes departement van onderwys, sê die leerders wat beseer is, het slegs geringe beserings opgedoen. Slegs een leerder word steeds in die hospitaal behandel terwyl die ander 19 reeds ontslaan is.

“Die twee leerders wat gesterf het, was albei seuns. Een was 18 jaar oud en die ander een 14 jaar oud. Hulle was leerders van Thutokemaatla Secondary School,” het Sepeng gesê.

Mpho Motlhabane, LUR vir gemeenskapsveiligheid en vervoer, het ʼn beroep gedoen op die operateurs van voertuie vir die vervoer van leerders om “dringend met busbestuurders te praat” om te verseker dat die veiligheid van leerders met erns bejeën word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

DA BO ·

Susan ek dink nie die bestuurder het vir n oomblik gedink die bus sal omval nie. In die hitte van die oomblik het woede hom oorval e n hy wou net die skelm vang. Was n vreeslike ongeluk, en dis dit

Cherokee ·

Ek lei af hy was self skelm deur ‘n passasier vir eie gewin te laat saamry. Ek glo egter nie die berig wat sê ‘toe die bus stilhou het die ryloper uitgespring’ nie, want dan sou die bus nie omslaan nie. Hulle het seker albei in die (stadige) ry uitgespring voor die bus behoorlik tot stilstand was.

Verwoerdburg ·

Stilstaande voertuie tiep nie net om nie, daar’s meer agter die “storie”

Mamma ·

Die bus het nie stil gestaan nie, maar gerol volgens die artikel.

Cherokee ·

Die berig sê toe die bus stilgehou het, het die ryloper uitgespring en laat spaander sonder om (die) R20 te betaal.

Hendrik ·

Skoolbusse is nie veronderstel om rylopers op te laai nie.

Wielspore ·

Great Hendrik, die meeste lesers mis die punt. Dit is ‘n staats voertuig en jy mag nie privaat mense oplaai en betaling daarvoor vra. Alles vir die bestuurder se eie gewin, hy het bloed op sy hande. Dit gaan oor die verantwoordelikheid van ‘n busbestuurder teenoor sy passasiers, hy het geen verantwoordelikheid teenoor ‘n ryloper. Jaag hom weg.

ne ·

R20 ?????? Dit is nie eers die bus bestuurder se voertuig nie. Hoekom laai skoolbusse rylopers op? Die land van ons is siek! Hulle vermoor jou vir ‘n selfoon.

Hennie ·

Nee wag nêrens word daar gesê dit is n staats voertuig nie dit het wel leerders as passisiers in gehad dit kon net sowel n privaat bus gewees het . Die bestuurder is absoluut skuldig aan moord 2 lewens is verloor deur sy nalatigheid , R20.00 is vir hom belangriker as lewens wat jy agterlaat op hulle eie risiko.

Marie ·

Die busbestuurder was totaal nalatig en is verantwoordelik vir twee jong mense se dood. Aan wie behoort Bojanala busdiens.

Sarie ·

Baie Busbestuurders is op ‘n Trip. Hulle ry waar hulle wil, stop in dit middel van die pad ongeag of daar ander bestuurs agter julle is #downwithtaxis

GM ·

Hoe is dit toelaatbaar om rylopers op te tel as jy veronderstel is om skoolkinders te vervoer? Hy het hul almal se lewens in gevaar gestel. Die ryloper kon hul beroof het, soos wat baie van hul dikwels doen – of nog erger… Ek verstaan ook nie hoe ‘n bus wat luier, net sal omslaan nie.
Ek hoop die busbestuurder word swaar gestraf.

Karin ·

Die bus het blykbaar agteruit geloop in n sloot in wat veroorsaak het dat hy omslaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.