Twee dood toe drie trokke bots

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mense is dood en nog een beseer nadat drie vragmotors Donderdagaand in ʼn botsing betrokke was op die N12-hoofweg naby Springs.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê na die ongeluk het ʼn klein vragmotor langs die hoofweg gestaan, terwyl twee groter vragmotors in ligte laaie op hul sye in die pad gelê het.

Volgens Meiring is die liggaam van ʼn man ʼn paar meter van een van die vragmotors aangetref. Hy het reeds aan sy brandwonde beswyk en is op die toneel dood verklaar. “Twee ander pasiënte is op die toneel gevind, een met ernstige beserings en een wat slegs matige beserings opgedoen het.”

Paramedici het onmiddellik noodbehandeling toegepas. Die man wat ernstige beserings opgedoen het, het egter kort hierna aan sy brandwonde beswyk. Die ander pasiënt is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Volgens Meiring is die bestuurder van die klein vragmotor nie op die toneel gevind nie. “Ons het verneem dat ooggetuies die mense uit die brandende wrakke bevry het.”

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Jy is doodreg… Ek het ‘n paar maande terug Kaap toe gery… Ek het byna ‘n oorval gekry toe ek sien hoe onverskillig sommige vragmotorbestuurder op die lang pad is. Ek moes op ‘n stadium geheel en al van die pad af omdat een vragmotor op ‘n wit streep ‘n ander verby gesteek het en reguit op my afgepyl het. Op ‘n ander plek het drie vragmotors so kort op mekaar gesit dat jy nie verby kon kom nie! Ek moes maar agter hulle sit tot ek ‘n lang genoeg stuk pad kry om voet in die hoek te sit. Gelukkig het my motor spoed maar dit was steeds ‘n risiko want hulle het al drie bo die wettige spoedgrens vir vragmotors gery. Hoekom daar nie strenger wetter t.o.v die drywers se vermoëns is nie sal ek inderdaad net nooit verstaan nie!

Weskaper ·

Groot vragmotors mag net 80km/u ry. Maar oor die 90% oorskry die spoedgrens en word verseker nie beboet nie. Dis is weer net ‘n bewys dit help nie jy het wette maar dit word nie toegepas nie. Ons probleem hier is by die toepassing van die wette, wetstoepassers kan nie na ernstige gevalle kyk nie maar as jy net nie jou bestuurslisensie by het nie word jy gou beboet.

carel ·

Weskaper ek stem saam dat voertuie soos die oor die algemeen met moord weg kom op die land se paaie maar se vir my – hoe weet jy spoed was die oorsaak van hierdie ongeluk ? Maak jy nie nou n aanname nie? Of veralgemeen jy nie nou nie? Het een trok se voor wiel nie dalk gebars wat hom met die ander voertuig laat bots het nie?
Die mense is oorlede – dalk was hulle wets getruo en het dalk binne die spoed gery – jy kan nie se nie?
Dit is ons almal se probleem ons oordeel te vining.

Leonie ·

My boetie was ook n vragmotor bestuurder en is Oktober oorlede in ‘n trok ongeluk waar een trok gebreek het en in die pad gestaan het sonder ligte aan. Met ‘n swaar vrag kan jy nie net uitswaai nie. Hy het ‘n ongeluk probeer vermy want dis ‘n enkelpad oppad Wolmaransstad toe en sy trok het omgeslaan omdat die vrag te swaar was en hy is opslag dood. Dis erg vir die families van die mense so moenie altyd die bestuurders van vragmotors blameer en dink hulle het te vinnig gery nie. Die tracking device op my broer se trok was maar ‘n spoed van 70 wat hy gery het. Sterkte aan die families. Dis baie hartseer!

Berhalet Beukes ·

Leonie, dit is tragies en ek is jammer om dit te hoor. Ek dink die kommentare is op betroubare, bevoegde bestuurders soos jou broer gemik nie, want van hulle is daar ‘n handjie vol op die pad! Baie sterkte aan jou en jou familie, dit is ‘n moeilike pad om te stap wanneer jy ‘n geliefde verloor!

Leonie ·

Nee Berhalet ek weet presies waarvan jy praat. My broer het altyd gesê hy word so kwaad want party trokbestuurders kyk nie wat hulle doen nie en is arrogant op die pad en vat even karre verby en als. Sekere bestuurders hoort gladnie agter die stuurwiel van ‘n trok nie. Ek persoonlik dink baie van hulle was eers taxi bestuurders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.