Twee dood toe fiets, motorfiets bots

Die mans se fiets op die toneel. (Foto: ER24)

Twee mans is dood nadat hul fiets Dinsdagaand teen ’n motorfiets in Vanderbijlpark gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici het met hul aankoms op die toneel omstreeks 20:30 in Barrageweg twee mans op die middelman naby hul fiets aangetref.

Die mans was in ’n kritieke toestand.

Nóg ’n man het met paramedici se aankoms naby sy motorfiets in die middel van die vinnige baan gesit. Die man het matige beserings opgedoen.

Meiring sê die twee kritiek beseerde pasiënte is op die toneel behandel. Een van hulle se toestand het egter vinnig begin agteruitgaan en hy is op die toneel dood verklaar.

Die ander fietsryer en die motorfietsryer is albei na nabygeleë hospitale vervoer, waar die tweede fietsryer later aan sy beserings beswyk het.

Die presiese besonderhede rakende die voorval is nie aan die nooddienste bekend nie. Die plaaslike owerhede was wel op die toneel om ondersoek in te stel, sê Meiring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Moedeloos ·

Motorfietsryers dink nie. Ons het Sondag ons gatte afgeskrik toe n motorfietstyer vanaf nerens moet n helse spoed ons verbygegaan het. Gelukkig het my man kop gehou. As dit ek was sou ek van skok die motor geruk het. Daai spoed en lawaai skielik agter en langs jou ruk die aarde onder jou uit.

Aai ·

Wat soek twee mense op eenman fiets moenie die motorfiets die skuld gee.

Pieterbusa ·

Lekker lag ek nou. Jy moet wakker wees op die pad Antie,

Pieter ·

Wat die moterfiets ryers moet besef is dat die speodgrense op hulle ook van toepassing is, en 90% van hulle hou nie daarby nie. Ek dink nie hulle besef partykeer hoe vinnig hulle beweeg nie. Een oomblik is hulle doer ver , en dit lyk of daar genoeg tyd is om die motor voor jou verby te gaan, en voor jy sien is die ou by jou

Lubbe ·

Of jy nou twee op ‘n fiets is en of jy twee op ‘n motor fiets is, wat is die verskil. Jy kan nie afleidings maak bloot oor hoeveel mense op beidie fietse was nie. Een van die twee het ‘n fout begaan.

Aai ·

Daai fiets is gemaak vir een persoon nie twee en het hulle ligte op fiets gehad glo nie so as hulle een man fiets gebruik om twee te vervoer 20:30 in die aand dit vra vir so probleem.Fiets kon seker nie briek nie gemaak vir daai gewig.

Chantel ·

Dis hartseer dat hulle twee op een fiets moet huitsoe ry. Ja baie van hulle ry met donkerklere en geen ligte aan nie en maak sigbaarheid uiters swak.

Gerhard ·

Shame. So omdat iemand sy vriend n lift probeer gee het huis toe is dit nou hul vediende loon om raakgery te word.

Hier is te min feite om te weet wat gebeur het.

Pieter ·

Motorfietse dink die pad behoort aan hulle. Ek het al beleef dat ‘n motorfietsryer op die N1 tussen Jhb en Pta, teintalle motoriste se kantspieeltjies afruk. Gemors.

Pieter ·

Ek het dit ook al gesien, as jy nie pad maak nie dan waai jou kantspieeltjie, en dan jaag die aap weg. Ek het geen respek vir iemand wat nie respek vir my op die pad het nie. Dit is so idioot wat alle bikers slegte naam gee

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.