Twee dood toe huisbraak in skietery ontaard

Een van die vermeende rowers is swaar gewond en het in die rigting van die Red Hill-begraafplaas gevlug, waar hy inmekaargesak en beswyk het. Foto: Google Maps

Twee vermeende gewapende rowers is dood nadat hulle Dinsdag in ʼn skietgeveg betrokke geraak het met beamptes van ʼn veiligheidsmaatskappy in ʼn gegoede buurt van Durban.

Kol. Thembeka Mbele, KwaZulu-Natalse polisiewoordvoerder, sê ʼn egpaar is Dinsdag omstreeks 15:00 in hul huis in Landsdownesingel in Durban-Noord deur vier gewapende rowers oorval.

Nie lank daarna nie, het beamptes van ʼn veiligheidsmaatskappy opgedaag en in ʼn skietgeveg met die rowers betrokke geraak. “Twee van die verdagtes is gewond,” sê Mbele, “maar die ander twee het op die vlug geslaan en is steeds op vrye voet.”

Volgens Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, het die een vermeende rower aan ʼn enkele skietwond aan sy bors beswyk en is op die toneel dood verklaar. “Die liggaam is oorhandig aan die polisie, wat op die toneel was om die skietery te ondersoek.”

Die tweede gewonde het te voet van die toneel gevlug, maar by ʼn nabygeleë begraafplaas inmekaargesak, waar hy dood is.

Mbele sê ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen, maar die veiligheidswagte wat in die skietery betrokke was, word nie aangekla nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Wilbur ·

Mense word in begraafplase begrawe maar ek het nog nie van baie gevalle gehoor dat jy daar doodgaan nie!

Thinus Erasmus ·

Soms wil dit voorkom of net die SAPD in Natal werklik misdaad reg benader.

Johan ·

Jy’s verkeerd. Wanneer daar op maroela berig word van Kriminele wat in Gauteng geskiet word, word hulle deur mense op die juiste webwerf gekritiseer. Gaan lees maar.

Hanna Hoekom ·

Dit was nie die SAPS nie! Anders het hulle almal ontsnap.

Muffin ·

Goed gedoen. Hoop nie die wagte word nou aangekla vir moord nie.

Oom Jaco ·

Rowers pleeg nie “huisbraak” (opskrif) nie, hulle pleeg huisroof…

Anel ·

Wat is nou die verskil dat dit geniem moet word “in gegoede woonbuurt”? Misdaad is misdaad. Sou dit nou iets anders wees of nie so ernstig as dit in ‘n plakkerskamp was?

Abe ·

Anel en Hans.
Lesers wil graag al die inligting he waaroor MM beskik wanneer hulle oor n voorval berig. Waarom op aarde moet hulle NIE noem as dit in ‘n gegoede buurt plaasgevind het nie.

Jaco ·

Daai sekuriteit’s gaan nou al hulle dae he met die rowers se familie en dat hulle “regte” geskenk was. Laat my wonder maroela wat het geword van daardie saak waar n wit man rowers by se hek geskiet het en gedreig was en sy gesin oorsee moes plaas. Interresant dat berigte nie opgevolg word nie nes die steers en swanger vrou…

Leoni ·

Stem saam Jaco. Wag ook om te hoor wat het van die “mandjie” storie geword. Dink dit het in Clicks gebeur?

Skroef ·

Inder sulke omstandighede vind die anc dit gerade om meer as VIERHONDERDDUISEND Suid Afrikaners te ontwapen oor vedomde vuurwapen lisensies wat nie hernie is nie? Omdat hierdie vierhonderdduisend veroorsaak her dat Shaik en kie nie diwidente op hulle kaart stelsel gekry het nie?

Judge Dredd ·

Die ironie is natuurlik dat die veiligheidswagte nie in hegtenis geneem,/aangekla word.

As dit die huiseienaar was dan het die polisie verkondig dat hulle ‘n saak van moord ondersoek en die eienaar met boeie begely van die perseel.

Judge Dredd ·

@Abe – ja jy is reg, ons lesers will graag soveel feite as moontlik he.

Q: So waarom word die kleur van die misdadigers en slagoffer nie bekendgemaak?

A: Want dit is die manier waarop die regering/media/liberaliste die samelewing probeer manipuleer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.