Twee dood toe kar trok tref

Die motor se wrak. Foto: Netcare 911.

Die motor se wrak. Foto: Netcare 911.

Twee mense is Maandagaand in ʼn trompop botsing naby Harrismith in die Vrystaat dood.

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het die botsing omstreeks 20:40 op die N3 sowat 10 km buite Harrismith in die rigting van Warden plaasgevind.

“Dit kom voor asof ʼn motor met drie insittendes reg van voor teen ʼn vragmotor wat ʼn ander vragmotor vervoer het, gebots het. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek,” het Botha aan Maroela Media gesê.

“ʼn Man en vrou wat voor in die motor was, is op slag dood. Die ander passasier het ernstige beserings opgedoen en is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.”

Twee insittendes in die vragmotor is ongedeerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

François ·

Miskien het iemand aan die slaap geraak. Dit moet in die omgewing van Balmoral Shell Ultra City wees, want dis 10km buite Harrimith, rigting Warden. En iemand moes hard gery het ten spyte van die spoedbeperking van 80km/h maks in daardie area met die wêreld vrot van die kameras & tussen-afstand spoedvervolging.

François ·

Ek verstaan ook nie ‘n trim pop botsing nie…… trek net jou been Johan 2!

Annie ·

Al Maroela nuus eindig altyd dieselfde – die ondersoek is nog nie afgehandel nie en die saak word ondersoek – en dis die laaste wat mens daarvan hoor.

Gerhard ·

Stem saam. Wat het geword van die boelie storie van die graad 2 dogtertjie… ? Daar was so baie kommentaar, n’ mens sou n’ opvolg verwag.

Langtand ·

Dis n aaklige ongeluk, daar kan so baie oorsake wees, maar soms is een motor se ligte verkeerd gestel en dan verblind dit die aankomende bestuurder totaal! Swak sig van bestuurders snags, veral ouer mense!
n Ander groot oorsaak is moegheid , mense moet rus! Bande wat swak is?
Laaste, maar die belangrikste oorsake van ongelukke is drankmisbruik en paddissipline!
Ek sien daagliks hoe swak die dissipline van padgebruikers is! Waar kom die oorjaag by rooi robotte vandaan en die verbygaan op sperstrepe??
Dalk sal die eerlike nagaan van alle lisensies en n doeltreffende strafmetode help met paddissipline!
Dis duidelik dat baie mense rondry met gekoopte lisensies, hul het nie n benul wat op die pad aangaan nie!
Hoe gaan ons dit ooit regstel?

Juan ·

Dit is omdat jy nog noiit in een was nie dat jy nie vestaan nie Johan. Ek was daar en deur die genade van die Here staan ek vandag nog hier.

charmaine ·

En op hierdie selfde bladsy gee die AA die topwenke vir veilige karre??
Waarop ek ook kommentaar gelewer het. Al beveilig jy n kar hoe volgens wet is daar geen wenk om iemand te keer om te jaag nie of om nie te drink en bestuur nie, trek af as jy moeg is. En dit is nie net Desember maande dit is n daaglikse ding dat mense met n sekere “Brand-car” ry wat dink die teer behoort net aan hulle.

DPJ ·

Kan een vir my sê hoeveel kop en kop bostings daar al was van 1 Januarie 2016. Vir my lyk dit of elke ongelyk ‘n kop en kop botsing is wat op die media verskyn. Word die bestuurder se oë elke jaar getoets? Soos die ander gesê het wat van moegdheid drank gedruik?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.