Twee dood toe motor deur heining ploeg

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mense is Vrydag in die vroeë oggendure dood toe hul motor deur verskeie bome en ʼn heining van ʼn laerskool in Durbanville, Kaapstad geploeg het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 04:00 die wrak van die motor gevind waar dit tussen die heining en bome op die skoolperseel in Durbanweg gehang het.

Die twee insittendes in die motor was reeds dood, het Vermaak gesê.

“Beamptes van die plaaslike brandweerdienste het die voertuig gestabiliseer sodat paramedici die liggame uit die voertuig kon verwyder. Reddingsdienste het daarna die voertuig van die skoolgrond verwyder en seker gemaak die toneel is veilig voordat die skool vanoggend geopen het.”

Volgens Vermaak is dit nie duidelik wat die oorsaak van die ongeluk was nie, maar sal dit deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Danel Casey ·

Die twee mense is oorlede…regtig die kommentaar hierbo regverdig?

Dewald ·

Ooor saak van ongeluk sal ondersoek word? Dit kan net spoed wees.

tamboti ·

Danel dis jammer twee mense is dood, egter egter oorstelp van vreugde dat dit die ongeluk nie tydens skool of spitstyd plaas gevind het nie want dan kon kindertjies of ander onskuldige mense ook gesterf het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.