Twee dood toe motor in rivier beland

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Twee mense is dood nadat hul voertuig Sondagoggend gerol en in ʼn rivier in Pietermaritzburg beland het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het in die vroeë oggendure naby Alexandra Park gebeur.

“Toe paramedici by die toneel opdaag, het die motor op sy dak in die water gelê,” het Bodasing gesê. “’n Omstander het paramedici gehelp om die bestuurder, ʼn man, vermoedelik in sy 20s, uit die motor te kry. Hy was bewusteloos en paramedici het hom bygebring en na ʼn hospitaal gehaas. Hy is ongelukkig in die hospitaal dood.”

Volgens Bodasing was ʼn vrou wat in die voertuig was, reeds dood en reddingswerkers het haar liggaam uit die motor verwyder. Twee ander vroue wat ook in die voertuig was, is beseer en is ook na ʼn hospitaal geneem.

Owerhede was op die toneel om die ongeluk te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

DPJ ·

Sien soos ek al gesê het bestuurders met net ‘n lisensie in die hand ongeag hoe hulle dit bekom sorteer hulleself vinnig in die lykshuis uit. Probleem vir hulle en ander uitgesorteer.

Sarie 2 ·

Ek weet daar word metti lisensies geknoei, maar die skuldiges is veelrassig. Dit kan dalk met een van jou of mý geliefdes gebeur… My lewe is ook in ‘n botsing verwoes, & ek rook of drink nie, het my lisensie al vir jare & bestuur voorbeeldig… Baie hang af van die bestuurder inni ander voertuig. Dikwels tè min ervaring…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.