Twee dood toe motor naby Vereeniging rol

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mense is dood en een is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem toe hul voertuig Maandagoggend op die R28 gerol het. Die insittendes was van Westonaria op pad na Vereeniging.

Volgens Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het nooddienspersoneel die voertuig in veld gevind, etlike meters weg van die pad. “Die impak van die ongeluk het die drie insittendes uit die voertuig geslinger.”

ʼn Man en vrou, glo albei 23 jaar oud, is op die toneel dood verklaar. “Die derde persoon is op die toneel vir haar beserings behandel en na ʼn hospitaal geneem,” het Bodasing gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Etienne ·

Haai nogal, soos ‘n trok het omgeval ,ja die motor het homself gerol, ek bestuur al 54 jaar en het nog nooit so ‘n voertuig bestuur wat sommer van die pad af loop nie ook nie een wat oor die soliede sperstreep gaan en ‘n teiken soek nie ! Hou op om ‘n botsing as ‘n ongeluk te rapproteer.In ‘n ongeluk is daar geen fout gemaak of ‘n oortreding begaan nie.

Louwboepens ·

Haai Etienne maar jy is darem oulik.Toe ek die berig gelees het het ek nie foute gesoek nie.My simpatie het net uitgegaan na die familie en vriende van die jongmense wat gesterf het en beseer is.Nou gaan jy seker vra hoe weet ek die beseerde is `n jongmens.Ek weet nie.Raai maar net.Sterkte aan almal wat deur hierdie tragedie geraak word.

Marinda ·

Dis so wreed om te hoor van soveel onskuldige tieners wat vermoor word vir hulle selfone en ander besittings. Ons innige simpatie met haar ouers.
Die ongelukke is net so sleg en ons dink ook daar aan die families.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.