Twee dood toe trok motor glo van agter tref

(Foto: Netcare 911)

Twee mense is Dinsdagmiddag op die N14 in Johannesburg dood toe ʼn vragmotor vermoedelik van agter in ʼn motor vasgery het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk het omstreeks 15:50 op die N14 naby Beyers Nauderylaan in die rigting van Krugersdorp gebeur.

“By paramedici se aankoms op die toneel het hulle ʼn man en vrou met noodlottige beserings aangetref. Daar was niks meer wat paramedici vir hulle kon doen nie,” het Herbst gesê.

Die vragmotorbestuurder is nie beseer nie.

Die presiese oorsaak van die botsing word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Dries du Toit ·

Sou die 2 mense in kar se boot gesi 3D
t het.Ek verstaan nie hoe hulle seer gekry het nie.Voorkant van kar makeer niks.Ek ruik n rot

Blom ·

Dries, ek voel ook so jy… Dalk het hulle nekke gebreek agv die trefkrag..

Geskok ·

Wat moet jul ondersoek die bestuurder van die trok het gesit en slaap.

Inwendige beserings met die impak van die stamp.

Jaco ·

Dies, hierdie tipe karre het drie rye sitplekke, die mense wat oorlede is, het moontlik heel agter gesit.

Chris Ws ·

Ons was ook ingejaag van agter af deur ‘n man in ‘n Land cruiser en my vrou het ernstige beserings opgedoen omdat hy ons kar se kattebak tot teen haar sitplek se rugleuning gevrommel het.Ek was ongedeerd behalwe vir my sleutelbeen wat losgeskeur het by by borsbeen.Hierdie Toyota in die ongeluk lyk BAIE mooier as ons kar glo my so hulle was mootlik nie vas gegordel nie wat meen hulle is vorentoe teen die dashboard geslinger.Hang af hoe hard die botsing was.Ons kar se agtersitplekke het nie bestaan na die ongeluk nie.

Chris Ws ·

Terloops die voorste 2 lugsakke ontplooi GLADNIE as jou voertuig van agter af gestamp word nie.Dis ‘n tekortkoming.

Melinda ·

Dis sooo hartverskeurend dat onskuldige motoriste moet sterf agv “iemnd” se nalatigheid.

Wonder ·

Trokke ry hopeloos te na aan motors. Ek het al baie keer van baan verander as gevolg daarvan!

Schalk ·

Volgens reg is die een van agter skuldig nou wat wil hulle ondersoek die feite staar hulle in die gesig.Suiwer van agter nue op n hoek so

Andrew ·

Baie slim observasie. Probleem is dat as jy n volgafstand hou motoriste daai spasie inneem. Doen vandag n toets met jou motor en hou n 3 sekonde volg afstand en jy sal sien hoe vat hulle daai spasie

Angie ·

Ek sê altyd, vragmotors moet NIE in spitstyd toe gelaat word nie. Daar moet ‘n pad wet vir dit wees.

Francis Linstrom ·

Hoeveel mense weet dat groot trokke nie so vinnig as motors kan stop nie. Daar kan verskeie redes vir hierdie botsing wees, te veel om op te noem. Dit is maklik om te oordeel, maar wie ken die feite.

Ouma ·

Ek stem saam dat lorries soms te vining ry, en ek verander ook maar van baan as ek sien die meneer kom te vining na my sin agter my aan. Maar mens moet ook nooit voor ‘n lorrie inswaai as daar ‘n robot of stop voor is nie. Onthou dit vat die bestuurder baie langer om tot stilstand te kom as jyself wat in ‘n motor ry. Hulle begin rem vir ‘n rooi lig, maar as ‘n kar onverwags voor hom indraai, kan hulle nie betyds stop nie, al wil hulle.

Anne ·

Somtyds is dit nie die vragmotorbestuurder se skuld nie. Mense jaag verby net om voor die vragmotor in te druk, en dan het die vragmotor nie genoeg plek om te stop nie. Hou op om te veralgemeen, nie alle vragmotorbestuurders is vrot nie. Somtyds lê die fout by die motorbestuurders wat kanse waag.

Leon ·

Dit is baie maklik om die oorsaak vas te stel. Onbevoegde vragmotorbestuurder. Daar is duisende van hulle op die pad. Vragmotors, busse en taxis is die rede vir die dood op die pad.

Vraagteken ·

Hoe kan jy dit sê??? Lykmy jy weet meer agter die skerms?

Andrew ·

Baie slim observasie. Probleem is dat as jy n volgafstand hou motoriste daai spasie inneem. Doen vandag n toets met jou motor en hou n 3 sekonde volg afstand en jy sal sien hoe vat hulle daai spasie

Linda ·

Hartseer om te dink iemand is dalk wees gelaat. n Moeder en vader het hul kinders verloor. Hulle was dalk iemand se broer en suster. Kla hierdie vark van n trokdrywer aan vir moord. Sy oë het in sy agterent gesit.

Audi Alteram Partem ·

Ek sê nie in dié geval nie, maar motoriste sny dikwels te vinnig voor swaarvoertuie in en as hulle rem, kan die swaarvoertuig nie so vinnig spoed verminder nie, en die gevolg kan ‘n moontlike botsing van agter af wees.

Vraagteken ·

Daar’s hy Audi …., jy slaan die spyker op die kop.

Wielspore ·

Die voertuig ter sprake is ‘n Toyota Avanza 7 sitplek met 3 rye sitplekke. Die agterste ry sitplekke is vêr agter.

Barno ·

Daai is actually ‘n Toyota Innova, maar ja, ook 3 rye sitplekke.

WIEBO ·

n Trok het vermoedelik agter in n motor vasgery. As die skrywer van die artikel sooo onseker is wat gebeur het, moenie die berig plaas nie. Die trok is op die foto, asook die kar. Maak self afleidings en moenie die twyfelagtige artikel se inhoud glo nie.

Lolla ·

Trokke se volgafstand skiet baie ver te kort. Hulle moet einlike sensors ( Voor) wat baie hard skreeu in alle trokke verpligtend maak.

Vraagteken ·

Of mense vat die heeltyd daardie afstand sodat hulle nie eintlik ‘n keuse het nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.