Twee dood toe trok van brug af ry

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mans is dood nadat ʼn vragmotor op die R114 by Diepsloot, noord van Johannesburg, van ʼn brug af gery en in ʼn rivier beland het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die vragmotor het op sy dak binne-in die rivier te lande gekom. Twee mans se liggame is binne die vragmotor gevind nadat hulle aan veelvuldige beserings beswyk het.

“Nooddienste moes spesialistoerusting gebruik om die liggame uit die wrak van die vragmotor te sny. Die verkeer is erg ontwrig weens die ongeluk,” het Meiring gesê.

Die ongeluk sal deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.