Twee dood toe vliegtuig in tuin val

Die Cessna 172 het neergestort in ’n erf in Albertynstraat, Vorna Valley, Midrand. Foto: Vliegtuig ER24/Jamaine Krige

Twee mense is Maandag dood in ʼn vliegtuigongeluk in Midrand, Gauteng.

Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, sê hulle is omstreeks 11:20 na Vorna Valley ontbied waar ʼn Cessna 172 in iemand se tuin neergestort het. Die vlieënier sowel as ʼn tuinier is op slag dood.

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die Burgerlike Lugvaartowerheid (BLO), het vroegmiddag aan Maroela Media gesê hul beamptes is op die toneel om die ongeluk te ondersoek. “Ons wag nog op inligting, maar dit lyk asof twee mense gesterf het.”

Die polisie is 11:30 na die toneel ontbied, het kapt. Kay Makhubela, Gautengse polisiewoordvoerder, by navraag aan Maroela Media gesê. “Ons kan nog nie die oorledenes se name bekend maak nie omdat hul naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.”

Albertynstraat is afgesper nadat ’n ligte vliegtuig in ’n erf neergestort het. Foto: @ER24EMS/Twitter

Hy sê die vlieënier was alleen in die viersitplek-vliegtuig. Daar is geen skade aan die eiendom waar die vliegtuig neergestort het nie.

In November 2015 het ʼn Cessna 172 ook in Midrand neergestort, enkele meter van ʼn huis in Glen Austin af. Die Grand Central-lughawe se aanloopban is net sowat 100 m daarvandaan. Die vlieënier is destyds beseer, maar het oorleef.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

piet ses ·

Daar’s gedurig deur die week, veral oor naweke, 24/7/365 hierdie raasige klein vliegtuigies wat van Grand Central af vlieg, wat van vroeg oggend tot laat in die aand die heeltyd onophoudend in sirkels vlieg oor Midrand soos rasende brommers, laag oor die huise.

Het gewonder wanneer een van hulle gaan neer stort! Hulle is ‘n plaag en iets moet gedoen word!

Mike Stander ·

Ha Ha Piet! Sterkte daarmee hoor!! Grand Central is a opleidings vliegveld, aldus die rede vir die vliegtuigies wat heeldag om die lughawe vlieg. Sekerlik besig met kringvlug opleiding (circuits and landings).
Dan vermoed ek ook die lughawe is al langer in bestaan as wat meeste mense daar bly – dalk beter huiswerk doen voor mens in die area koop. [As jy nie van golf hou nie, moenie in a golf-state koop nie : ]

Wonder ·

Maklik om te sê daar is geen skade aan die eiendom aangerig nie.
Wat van die plante groei ens.
Om nuwe plante te hervestig kan Rand duisende beloop.
Die kaal stuk grond sal seker homself herverstig.

Theresa ·

Dis regtig tragies. Wonder net waarom die arme tuinier nie betyds weggehardloop het nie? Seker die skok van die besef dis ‘n vliegtuig wat val. Erg.

Deloris ·

Vir Piet Ses…. vir jou inligting…dis vlieeniers wat vlieg in die week om hulle ure op te kry om te kwalifiseer. Gun die mense hulle loopbane!
En ek glo jy is bewus op elke 1ste Saterdag van n maand se air show!

Amvi ·

Daar is net so ‘n lastigheid van die vliegtuie wat elke Saterdag en Sondag heeldag lank oor Alberton se residensieele areas vlieg. Dit is irriterend en verseker ook gevaarlik.

Karel ·

Ag Albatros, wie se guns wil jy wen? Dis van stilbly dat dit gaan in hierdie land soos dit gaan. Gun elkeen sy eie opinie. As iets jou irriteer dan irriteer dit jou. Ek is dood seker daar is goedjies wat jou ook irriteer anders moet jy ‘n engel wees. As ek jou kommentaar so lees dan irriteer Afrikaners jou! Verraaier. Skaam jou eerder vir jouself.

Albatros ·

@Karel. Jy is nie die tiepe man wat vir my in my gesig se die goed waarvan jy my so beskuldig nie.

cpl ·

Kyk dis wat kan gebeur as jy vlieg.as jy besig is met opleiding en jy is al solo gestuur of met ure opbou,dis iets wat altyd kan gebeur.vir die persoon wat dood is op die grond, jammer dis erg, as n engine af is,heel moontlik het hy of sy niks gehoor,ek dink.sterkte aan almal

Chris Ws ·

Die Cessna 172 is een van die veiligste ligte vliegtuie en maak baie min geraas in vergelyking met ander soorte ligte vliegtuie.My swaer op die plaas langs ons se seun het een en sy vliegtuig staan op die plaas dis hoe ek weet.Hy’t gister oor ons gevlieg en ons was nie eers bewus dat hy in die lug was nie so sag loop sy enjin.
Iets moes drasties skeefgeloop het om die’ vliegtuig hom te laat neerstort.Waarskeinlik het die enjin gaan staan die dat die tuinier nie geepad het nie want hyt niks kon hoor nie.

Stormrider ·

Ek is self ‘n 172 vlieenier. Baie veilige vliegtuig. Volg net die reels. Die motor het ‘n dubbel stel vonkproppe wat met magnetos werk. Doen jou krag en voor-opstyg lys behoorlik, sorg dat jy altyd die density-altitude kondisies in ag neem, sorg dat die brandstoftoevoer genoegsaam is dan sal jy nie ‘n motor-staking na die opstyging kry nie. Die ondersoek sal wel verduidelik wat het fout gegaan.

D ·

Die vliegtuig het in n spiral dive in gegaan en die dame kon nie weer recover nie, soos storm rider se, as jy behoorlike flight planning en pre flight doen kan mens sulke situasies voorkom, dis n warm dag gewees met lae QNH wat veroorsaak dat i mens redelik maklik in n stall beland as jou spoed te laag is, en om dan op lae altitude te recover met i 172 wat maar i lycoming io-360 160hp enjinetjie het, is nie maklik nie, maar ja die dame was i student pilot op final solo, so sy het nog nie regtig ondervinding gehad nie, en BTW almal, dis nie mechanical error nie dit was pilot error. 172 is nie i bad vliegtuig ek persoonlik voel net hulle het te min krag om uit n nood situasie te kom as iets verkeerd loop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.