Twee dood toe voertuig boom tref

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mans is Sondagaand dood en nege ander beseer toe die stasiewa, waarin hulle gery het, ʼn boom op die M3 in Claremont in die Wes-Kaap getref het.

“11 persone was in die voertuig toe die ongeluk plaasgevind het,” het Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Twee mans is dood voordat paramedici by die toneel opgedaag het.”

Een persoon het kritieke beserings opgedoen en agt ander persone het matige tot ernstige beserings opgedoen.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.