Twee dood toe vragmotors bots

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mans is Dinsdagaand dood toe twee vragmotors op die R549 naby Deneysville in die Vrystaat gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel was een van die mans steeds in die vragmotor vasgekeer terwyl die liggaam van die ander man tussen wrakstukke aangetref is.

Volgens Meiring is albei mans kort hierna op die toneel dood verklaar. Een van die vragmotors se sleepwa het glo losgekom waarna die bestuurder vermoedelik beheer verloor en teen die ander vragmotor gebots het.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ina ·

Elke oggend pendel ek en my man tussen ons plot en die stad waar ons werk. Die vragmotors gaan motoriste uitwis totdat iemand besef hulle is die oorsaak van die meeste ongelukke. Jammer dat 2 vragmotor bestuurders oorlede is, maar hulle ry soos maniacs, ek het kan elke dag van my lewe daaroor praat.

Rina Pretorius ·

Ek ry gereeld Parys toe en ry deur Deneysville en daai pad is nie in ‘n goeie kondisie nie so ek wonder of die swak pad nie die oorsaak is dat die sleepwa losgekom het nie en glo my as daai sleepwa loskop gooi dit die trok rond en kan daar nie beheer wees nie, so ek se beslis nie dat enige van die bestuurder sleg bestuur het nie, en ja, ‘n mens se strepie is getrek die dag toe jy gebore is so waar jy ookal is oor daai strepie sal jy nie gaan nie. Sterkte met al die naasbestaandes.

snoefie ·

dit terwyl derduisende kilometers treinspore le en roes of gesteel en as skroot verkoop word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.