Twee mans is dood en twee ander beseer ná die voertuig waarmee hulle gereis het op die R59 in Ascot-on-Vaal gerol het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het die voertuig ’n ent weg van die pad af op sy dak aangetref.
“Twee mans, vermoedelik in hul 20’s, se liggame het vasgekeer onder die motor gelê. Ongelukkig kon niks vir hulle gedoen word nie en hulle is dood verklaar,” het Meiring gesê.
Twee ander mans is ook op die toneel ondersoek; een het slegs geringe beserings opgedoen terwyl die ander een kritiek beseer was.
Die mans is op die toneel behandel. Die kritiek beseerde man is per mediese helikopter na ’n nabygeleë hospitaal gehaas. Die gering beseerde man is per ambulans na ʼn hospitaal vervoer.
Die polisie ondersoek die voorval.
In hul 20s. Dit sê baie. Ongelukkig is jeug nie altyd ‘n pluspunt nie. Jammer en sterkte aan die familie
Ongelooflik hoe vêr die motor van die pad af is
Volgens die Vaal Weekblad was hierdie ‘n rooftog wat toe in ‘n gejagery ontaard het en die skurke het toe die motor gerol teen hoë snelheid
Lees die Vaalweekblad dan sal julle sien dat dit vier rowers was wat vir die polisie probeer wegjaag het toe die ongeluk plaasgevind het.My vraag is hoe dit vir n rower wat n besigheid van geld beroof moontlik is om per helikopter na n hospitaal vervoer te word, of staan die belastingbetaler in vir daardie koste?
As jy en ‘n rower wat jou beroof albei beseer is: sal die rower op Staats koste vervoer, behandel word. En jy as belasting betaler sal aan jou eie genade oor gelaat word.
Ons bly in ‘n fantastiese land.
Spoed was n faktor
Geen sitplekgordel; geen lewe. As die voertuig op jou land wen die voertuig
Dalk is die foto so gesny sodat dit in die digitale raam pas. Of die oorspronklike foto was te groot. Of sodat jy beter kan sien wat aangaan op die foto. Nietemin dankie vir die skakel, nou weet ek ook (2 millimeter) meer oor die ongeluk.
Lees die berig in Vaalweekblad. Hulle beroof n besigheid van R63000 en jag weg een person van die besigheid jaag agterna. Daar word geskiet en die person stop. Die rowers misgis hulle en rol die motor. Die polisie kry net R2800 . Wat het van die ander R61200 geword? Dit het sekerlik nie by die voertuig se venters uitgewaai nie want dan sou n redelikke groot stuk grond / veld vol geld gele het. Hoe nou? Laat mens dink ne.