Twee dood tydens geweld in Hammanskraal

Een van die mans wat Maandag (23 Mei 2016) in Hammanskraal doodgemaak is. Die foto is digitaal gemanipuleer weens die grafiese aard daarvan. Foto: Twitter

Een van die mans wat Maandag (23 Mei 2016) in Hammanskraal doodgemaak is. Die foto is digitaal gemanipuleer weens die grafiese aard daarvan. Foto: Twitter

Twee mense is Maandag dood toe ʼn betoging oor behuising in Hammanskraal, noord van Pretoria, gewelddadig geraak het.

Kapt. Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn geveg het uitgebreek tussen inwoners van Hammanskraal en werknemers van maatskappye wat aangestel is om plakkershutte wat onwettig op munisipale grond opgerig is, te verwyder.

“Die geveg het gewelddadig geraak en twee mense is in die proses dood,” het hy gesê. Nog ses mense is beseer. Mofokeng wou nie kommentaar lewer oor bewerings dat die mense glo lewend aan die brand gesteek is nie. “In hierdie stadium weet ons nog nie hoe hulle doodgemaak is nie. Dit sal deel vorm van die polisie se ondersoek,” het hy gesê.

Grafiese foto’s van die liggame het Maandag op sosiale media die ronde gedoen en daar is beweer dat die oorledenes werknemers was wat deur die Tshwane Metro gekontrakteer was. Mofokeng kon dit egter nie onmiddellik bevestig nie.

Mofokeng het gesê agt voertuie, wat vragmotors en busse insluit, is ook deur inwoners aan die brand gesteek en heeltemal verwoes. “Sake van moord, poging tot moord en openbare geweld word ondersoek. Niemand is nog tot dusver in hegtenis geneem nie en die polisie se ondersoek gaan voort,” het hy gesê.

Volgens Mofokeng is die situasie tans kalm, maar onruspolisiebeamptes is steeds op die toneel om die situasie te monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Leeukop ·

Is dit dalk gedoen om n boodskap uit te stuur dat die owerhede moet nie inmeng met grondbesettings nie?

JC ·

Nee, dit het niks daarmee te make nie, naief om te dink dat dit het-dit is bloot persone wat na
23 jaar steeds nie huise het nie wat aan hul verskaf moes word deur die regering!

Shizzler ·

Ek verstaan nie die mensdom wat so rasend kwaad word dat hul moet moor en plunder en verwoes. Dis verdomp verregaande om so aan te gaan en al die proteste lê ons land se ekonomie lam. Hoe kan mens so koelbloedig moor? Skokkend!

Johann ·

Niks kan die wereld meer skok as dit kom by die blatante miskenning van respek vir ander, insluitend lewens, in Afrika en Suid Afrika nie. Want wat ek wil HE moet ek kry anders verwoes en plunder ek als…wats nou weer die definiesie van n kultuur????

Jan ·

Ek was in Pretoria oos hospitaal waar ń persoon aan my genoem het dat hy die kontrak gekry het om RTP huise te bou,dit kos hom R100 000 en kry van die staat 400 000 dit is nou in Hammanskraal.Iemand wat saam met my gewerk het twee rtp huise die een is waar hy bly en die ander een is waar hy werk en verdien ń basiese salaris van R18000.sê maar net

humor ·

Waarom wonder julle? z het hom mos daaroor uigespreek en gese n geweldadigheidskultuur is tydens die apartheidsera geskep. Mooi luister as z praat.!!!

Janneman ·

Eish, dit is voorwaar barbaars en wreed!

Dit laat n mens wonder of daar nie wel n bietjie waarheid is in Mike Smith se siening van swart mense is nie?

mikesmithspoliticalcommentary.blogspot.co.za/2010/04/opening-pandoras-apartheid-box-part3.html

Cherokee ·

Die berigskrywer sê die geveg het geweldadig geraak. Het gedog alle gevegte is geweldadig.

Xa ·

Nee, nie noodwendig nie. Soos ek en hy het ook al hier baklei iewers in gesprek in die onlangse verlede maar ons het darm nie geweldadig begin raak nie :)

Takkie Takuuza ·

Daar is bietjie meer agter dit as wat die media berig. Een van my werknemers bly daar en het my vreeslike stories vertel vanoggend. Hulle moet busse haal op ‘n ander plêk om by die werk te kom, hulle brand ook die inwoners se voertuie en val mense aan wat wil werk toe gaan. Ek lees EFF agter dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.