Twee dood, vier beseer in KZN-botsing

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Twee mense is vroeg Saterdagoggend dood en vier beseer, toe twee motors op die N2 naby Hibberdene in KwaZulu-Natal gebots het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ʼn man en ʼn vrou is op die toneel dood verklaar. Paramedici van Netcare 911 het saam met paramedici van ander ambulansdienste op die toneel gewerk.

Vier mense het ligte tot matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere mediese sorg.

Die ongeluk het omstreeks 02:00 plaasgevind en die presiese oorsaak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cherokee ·

Op die foto is daar ‘n ononderbroke lyn op die pad wat miskien dui op ongemagtigde verbyry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.