Twee dood, vier beseer in Pinetown-ongeluk

Foto: Verskaf.

Twee mense is dood en vier beseer toe die motor waarin hulle gereis het in ʼn ongeluk betrokke was.

Ceron Meadows, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die ongeluk het Maandagaand op die N3 noordwaarts voor die Richmondweg-afrit in Pinetown plaasgevind.

“Ons paramedici het omstreeks 17:00 by die toneel opgedaag en die motor op sy sy in die  vinnige baan van die snelweg aangetref,” het Meadows gesê.

Volgens Meadows was daar ses insittendes in die motor. ʼn Man en vrou is op die toneel  dood verklaar as gevolg van veelvuldige beserings.

“Vier ander passasiers is op die toneel gestabiliseer en daarna na verskeie Durban-hospitale vervoer vir verdere mediese behandeling,” het Meadows gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann Marx ·

“…en die motor op sy sy in die vinnige baan van die snelweg aangetref”…..dit was dus in die heel linkerkantste baan van die snelweg, want dis hoe dit werk hier in Johannesburg. Bestuurders van busse, vragmotors, taxi’s en enige iemand wat 20km-uur stadiger as die verkeer beweeg klim op die snelweg……en gaan sit in een van die middelste bane. Kleiner trokke en bakkies vol arbeiders en toerusting gaan hulle dan verby in die heel regterkantste baan………wat almal laat opblok vir kilometres……..en dit maak die heel linkerkantste laan die “vinnige laan” (soos in Amerika), so al die motorfietse, haastiges en vinnige motors skiet verby in die linkerbaan……..en al wat hulle hoef te ontduik is die skilpad-bestuurders, busse en trokke wat by op-en afrit op die snelweg op kruie tot in die middelbaan!!! Hoekom Suid Afrikaners nie die beginsel van “Hou links, gaan regs verby” verstaan nie……….sal seker vir ewig onbeantwoord bly.

Nog inligting ·

Volgens Arrive Alive het die voertuig oor die skeiding tussen die snelweë beweeg en in die rigting van aankomende verkeer beland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.