Twee dood, vyf beseer in ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Twee mense is dood en vyf beseer nadat die voertuig waarin hulle gery het teen ʼn versperring gebots het op die N3 naby Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê twee kinders, vier en vyf jaar oud, is uit die voertuig geslinger nadat dit omgeslaan en verskeie kere gerol het. “Albei die kinders het verskeie beenbreuke en ander beserings opgedoen.”

Vermaak sê drie volwassenes is naby die wrak gevind en is vermoedelik ook uit die voertuig geslinger. “Hulle het ook verskeie frakture en ander beserings opgedoen.”

Vermaak sê twee ander volwassenes het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Volgens omstanders het die Toyota Corolla teen die versperring in die middel van die hoofweg gebots voor dit omgeslaan en verskeie kere gerol het.

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.