Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê twee kinders, vier en vyf jaar oud, is uit die voertuig geslinger nadat dit omgeslaan en verskeie kere gerol het. “Albei die kinders het verskeie beenbreuke en ander beserings opgedoen.”
Vermaak sê drie volwassenes is naby die wrak gevind en is vermoedelik ook uit die voertuig geslinger. “Hulle het ook verskeie frakture en ander beserings opgedoen.”
Vermaak sê twee ander volwassenes het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Volgens omstanders het die Toyota Corolla teen die versperring in die middel van die hoofweg gebots voor dit omgeslaan en verskeie kere gerol het.
Die polisie ondersoek die saak.