Twee dood, vyf beseer na motor omslaan

Foto: ER24/Facebook

Foto: ER24/Facebook

Twee mense is dood en vyf mense beseer na ‘n voertuig op die Wartburg-pad buite Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal omgeslaan het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê twee mense is op die toneel dood. Hy sê twee mense is kritiek beseer terwyl drie mense in ‘n ernstige toestand is.

“Nadat die pasiënte op die toneel behandel is, is hulle na verskeie hospitale in Pietermaritzburg vervoer.”

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

Foto: ER24/Facebook

Foto: ER24/Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.