Twee dood wat glo kitsbanke wou oopblaas

misdaadtoneel

Argieffoto

Twee verdagtes is doodgeskiet en hul twee vermeende makkers in hegtenis geneem toe beamptes van die KwaZulu-Natalse polisie Saterdag in die vroeë oggendure op die toneel van ʼn rooftog in die Durbanse sakesentrum aangekom het.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê die polisie het inligting ontvang oor ʼn groep swaar gewapende mans in ʼn minibustaxi en ʼn sedanvoertuig wat in Smithstraat by ʼn sakeperseel inbreek met die doel om kitsbanke oop te blaas en by ander ondernemings in te breek.

Polisiebeamptes van die nasionale intervensie-eenheid (NIU) het gereageer en die verdagtes genader. “’n Skietgeveg het tussen die verdagtes en die polisiebeamptes ontstaan en twee verdagtes is doodgeskiet,” sê Mbele.

“Nog twee verdagtes is in hul wegkommotor in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op ʼn geweer, ʼn pistool en inbraaktoerusting insluitend hamers en hoekslypers.”

ʼn Onbekende aantal verdagtes kon daarin slaag om weg te kom en die polisie is tans op hul spoor.

Mbele sê geen beamptes is tydens die skietgeveg beseer nie.

“Die liggame van die twee oorledenes is deur die polisie se soek-en-reddingseenheid uit die gebou gebring.” Die ander twee verdagtes sal Maandag in die Durban-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

De Villiers ·

Uitstekende werk, SAPD.
Dis net jammer dat ernstige misdaad so geweldig baie in ons land voorkom, om nie eens te praat van die minder ernstige misdaad nie. Myns insiens is dit omdat die strawwe van die howe te lig is, en dit die kriminele geensins afskrik nie.

Phil ·

Dis nie net die strawwe wat te lig is nie. Om in ons tronke te sit en ossies rol is ook n probleem. Die makkers in die tronk moet harde arbeid doen om hul kos elke dag te verdien. Hulle behoort geen regte te hê soos om te mag stem nie. Hulle hang net in die tronke rond en beplan die volgende aksie (terwyl ons belasting hul aan die lewe hou) vir wanneer hul vroeg uitkom omdat die tronke oorvol is. Maak ou myne tronke vir moordenaars en verkragters. Hulle moet NOOIT weer die reg hê om son te sien nie. Gooi sommer hul kos in die mynskag af en laat hul in die donker diep onder die grond baklei vir kos.

ZAR ·

Ek wens ek kon sommer baie meer sulke nuusberigte lees. Welgedaan.

Willem ·

Sie polisie gaan seker nou aangekla word van moord net soos destyds se Marikana. Hulle mag hulle self mos nie beskerm nie. Dis hoe dit in hierdie misdaad paradys gaan.

Wonner ·

Glo…glo glo….hulle wou dalk net GLO geld trek met Glo plofstof

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.