Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê ses mans het omstreeks 11:00 Woensdagoggend ʼn kontantafleweringswa by die Nolungile-treinstasie in Khayelitsha probeer beroof. “Drie veiligheidswagte het geld by die treinstasie afgehaal toe die ongeïdentifiseerde verdagtes op hulle losgebrand het.”
Volgens Van Wyk het die veiligheidswagte teruggevuur en een van die verdagtes, ʼn 30-jarige man, doodgeskiet. Die ander verdagtes het leë hande van die toneel gevlug.
In ʼn afsonderlike voorval is ʼn man in Scottsville in Kraaifontein doodgeskiet. Robert Daniels, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê die man is in die kop geskiet.
Volgens Van Wyk is twee mans in verband met die voorval in hegtenis geneem. Hulle sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van moord. “Die motief vir die moord is onbekend.”
Welkom in die weste, the wild wild west.