Twee doodgeskiet toe polisie beplande rooftog fnuik

Een van die ongelisensieerde vuurwapens wat op die toneel gevind is. (Foto: Verskaf)

Twee verdagtes is doodgeskiet en ’n derde in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes Dinsdag ’n beplande gewapende rooftog in die suide van Johannesburg gefnuik het.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het in ʼn verklaring gesê polisiebeamptes het omstreeks 14:00 ʼn verdagte motor met drie insittendes opgemerk wat van Crown Mines in die rigting van Xavierweg in Ormonde beweeg het.

Volgens Makhubele het polisiebeamptes vir die bestuurder van die grys Nissan X-Trail aangedui om stil te hou. Die bestuurder het egter versuim om dit te doen en polisiebeamptes het die voertuig agternagesit en ʼn hoëspoed‑jaagtog het gevolg.

Die verdagtes het tydens die jaagtog op die polisiebeamptes geskiet wat op hul beurt teruggeskiet het.

Die verdagtes se voertuig is uiteindelik by die Lakewood-landgoed in Ormonde voorgekeer waarna die verdagtes uit die voertuig gespring en al skietend laat spaander het.

Volgens Makhubele het die polisie hulle egter ingehardloop. Twee van die verdagtes is doodgeskiet en ʼn derde verdagte is in hegtenis geneem.

ʼn Voorlopige ondersoek toon dat die verdagtes na bewering ʼn rooftog in die Crown Mines-omgewing beplan het. Daar is op vyf ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie, die verdagtes se voertuig, ʼn handradio en ander polisie-items beslag gelê. Dit is ook bevestig dat die voertuig verlede maand in Johannesburg gesteel is.

Lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiehoof, het versoek dat die ondersoekspan die moontlikheid ondersoek dat die verdagtes en die vuurwapens aan vorige ernstige geweldsmisdade verbind kan word.

Volgens Mawela word vermoed dat drie verdagtes moontlik betrokke was by ’n onlangse vlaag rooftogte in die omgewing. Verskeie Chinese sakelui is in dié rooftogte geteiken. Ander voorvalle is ook langs die M2-snelweg en in die omgewing van Crown Mines aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gunlaws ·

So much for gun prohibition and gun control. Another example of how good it DOES NOT work…

Vraagteken ·

Actually, you have no idea if it would’ve worked or not. Most likely, it would’ve. There were 5 guns confiscated on the schene. Are you seriously suggesting that not one of those guns were stolen??? Please stop being short-sighted.

Willie ·

Ek is so bly twee het die tydelikke met die ewige verwissel

Willie ·

Wat mens baie pla is die feit dat daar ander polisie items ook was… Die een wat leef moet maar asb se waar het hulle die gekry

JohanR ·

Laat ek gou ‘n Bells of twee sluk, en dan kan ek die bottel vir die manne gee. Nog twee wat die belastingbetaaler nie hof voor te sorg nie……

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit is n Weermagwapen HMK Waar kry hulle dit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.