Twee doodgeskiet tydens rooftog by sentrum

Foto: Priority-Care-ambulansdiens/Facebook

Twee veiligheidswagte is Maandagoggend tydens ’n rooftog by ’n winkelsentrum in Southernwood in Oos-Londen doodgeskiet.

Drie verdagtes het omstreeks 08:15 op die twee veiligheidswagte losgebrand nadat hulle geld by ’n winkel in die sentrum afgehaal het, het kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, gesê.

Die veiligheidswagte, onderskeidelik 48 en 49 jaar oud, is op die toneel dood verklaar. ’n 58-jarige vrou is ook tydens die rooftog geskiet en beseer en is na ’n hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

Muridili het gesê die verdagtes het met ’n onbekende bedrag kontant in ’n motor sonder ’n registrasienommer van die toneel gevlug.

Sake van moord, poging tot moord en transitoroof word deur die Valke ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JohanR ·

Wil nie ‘n veiligheidswag in SA wees, tensy ek soos Rambo lyk, aangetrek is soos Rambo en die geweere en messe van Rambo aan my het nie. Sal ook vra vir ‘n bazooka en ‘n tenk! Moenie my boog en pyle vergeet nie!

Termiet ·

Ek begin erg bekommerd raak as daar ‘n CIT voertuig naby my is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.