Twee doodgeskiet wat glo wagte koelbloedig vermoor

‘n Skermskoot uit die video.

Die twee mans wat vermoedelik verantwoordelik was vir die opspraakwekkende skietdood van twee Gautengse veiligheidswagte is Dinsdag in die vroeë oggendure in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Volgens brig. Vishnu Naidoo, nasionale woordvoerder van die polisie, is Lindokuhle Cebekhulu (24) en Mbuyiselo Mthonthi (26) in Clermont in KwaZulu-Natal tydens ʼn skietgeveg met die polisie doodgeskiet.

Naidoo het gesê lede van die Gautengse eenheid vir georganiseerde misdaad het reageer op inligting wat ontvang is en saam met verskeie polisie-eenhede na ʼn plakkershut in Clermont gegaan. “Toe die polisie die verdagtes in hegtenis wou neem, het hulle hul teëgesit en beide verdagtes is doodgeskiet.”

Yusuf Abramjee, ʼn teenmisdaad-aktivis, het dié nuus op Twitter bevestig.

Naidoo sê die polisie het sedert die koelbloedige moord onverpoosd na dié twee verdagtes gesoek.

Maroela Media het vroeër berig die wagte se laaste oomblikke is deur ʼn paneelbordkamera in die voertuig vasgevang. Die voorval het vroeër vandeesmaand in Klipspruit in Soweto plaasgevind. Die video is wyd op sosiale media versprei. In die video kan gesien word hoe die twee veiligheidswagte in hul reaksievoertuig sit. Een is besig om deur ʼn boek te blaai, terwyl die ander een iets skryf.

ʼn Skoot klap, een van die wagte probeer keer en dan tref ʼn koeël hom in die kop. Hy is onmiddellik dood. ʼn Man ruk die deur van die voertuig oop, druk die vuurwapen in die voertuig en skiet die ander wag op kort afstand in sy kop. Sy hand wat hy beskermend oor sy kop gehou het, sak stadig af na sy skoot, die pen nog tussen sy vingers waarmee hy oomblikke vantevore geskryf het.

Die booswig werk dan vinnig om die twee veiligheidswagte se vuurwapens te steel. ʼn Tweede man maak ook die passasiersdeur van die voertuig oop, klaarblyklik op soek na nog waardevolle items wat hy kan roof. Intussen ruk die eerste rower die liggaam van een van die veiligheidswagte uit die voertuig en daar kan gesien word hoe die bestuurdersitplek met bloed bedek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Nikita ·

Dis maar vreemd hoe daar moontlike verskille is op die tattoo merk van die dag van die skiet voorval met die sekuriteits wagte geneem is om die moordenaars te identifiseer en die een wat doodgeskiet is wat daar n foto van is. … laat mens wonder. En n voorigge berig kort na die voorval wat gese het hulle is gearristeer … Is dit nou net om die publiek te laat dink die polisie is op hulle poste wat werklik nie is nie.

Hoe nou....... ·

SAP moet maar video bewyse post waar hulle geskiet is – net om te bevestig dis dieselfe manne as in die moord video.

Wonder ·

Nou verstaan ek die artikel nie so lekker nie. Want laas week is ‘n artikel geplaas waar die booswigte gearresteer is nog bo op ‘n sink dak met fotos en al? Nou hoe is hul vanoggend dan in ‘n kruisvuur doodgeskiet? Of lees ek nie reg nie?

ZAR ·

Hierdie maak glad nie sin nie. Dis nie gewoon dat misdadigers al die pad Soweto toe sal gaan om misdaad te pleeg wanneer hulle afkomstig is van Natal nie. Dit pas glad nie.

Kobus Swanepoel ·

Iets pas nie!! Dalk was dit sap manne en nou is hulle stil gemaak. Want hulle mag nie praat nie.

Ben Jordaan ·

Dit gebeur daagliks dat hulle sover kom om misdaad te pleeg. Dis niks vreemd nie.

dawie ·

jy was seker nooit in die polisie nie ? Dit is niks snaaks nie

Nuuskierig ·

Kan daar maar nie onverpoos so na die wat plaasmoorde so pleeg gesoek word nie ? Mense word gemartel koelbloedig dood geskiet en dan word Alles uitgedra wat hulle Wil. Vuurwapen inkluis …. Ek vra maar net ???

Net wat ek wou vra ·

Inderdaad word daar baie vinnig gespring met die moord op veiligheidswagte, maarnie op die moorde op die boere nie!! Rassisme??

Liberalis ·

my mede linkses is nou meer ontsteld oor die dood van die koelbloedige moordenaars as die dood van die onskuldige wagte, ek weet nie hoekom nie maar dis nie polities korrek om linkse waardes te bevraagteken nie.

James ·

Kan ek asb vra dat Landi Slatter na plaasaanvallers ook as “booswigte” in haar artikels verwys.

BBotha ·

Ek moet net weet, hoekom “wat glo”……dit het mos plaasgevind, of twyfel almal oor die video en wagte en moord?

Pip ·

Dis goed dat die SAPS en media ons laat verstaan dat vergelding met die dood geneem kan word as mmordenaars hulle teesit teen arrestasie. Dis dan hoe alledaagse kriminele aanvallers, plaasmoordenaars en verkragters ook “gearresteer” moet word. Dit sal die staat baie onnodige onkoste spaar om die booswigte ook nog nog van tronkbehuising en staatskos te moet voorsien, en die probleem eindig eens en vir altyd sommer net daar.

Schalk ·

Ek glo niks.Iemand wat die dokter, weervoorspeller,politiek,staatspresident,polisie,nuusmedia,en mense glo moet weer dink,jy Kan Niemand Meer glo nie sorry.Wat jy sien is n leuen Wie Groet jou vandag en stel werklik belang, tel. Nie swartgallig inteendeel gelukkig want ek vertrou en glo net in YHWH ons VADER sterkte.

Hannes ·

SAPD,KNAP GEDAAN!!!!!!!!PUIK ONDERSOEK,OPSPORING ASOOK UITVOERING!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.