Twee doodgeskiet wat KZN-familie glo afmaai

Die polisie in KwaZulu-Natal het twee vermeende moordenaars doodgeskiet wat na bewering op die vlug geslaan het.

Volgens lt.kol. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het die polisie vroeër in die week ʼn wenk ontvang oor drie verdagtes wat moontlik by ʼn moordtog betrokke was.

Vyf lede van die Mayise-familie is Sondag afgemaai by hul woning in Dumaneni naby Ulundi.

Drie gewapende verdagtes het glo om 06:00 by die Mayises se deur ingebars en op hulle losgebrand.

Die oorledenes is geïdentifiseer as Mandlenkosi Mayise (66), Delisile Mayise (63), Phemile Mayise (36), Bongathini Mayise (34) en Phindile Mayise (29).

Vyf aanklagte van moord is by die Ulundi-polisiekantoor aanhangig gemaak vir ondersoek.

Twee dae later het die polisie ʼn wenk ontvang dat die beweerde moordenaars hulle in Encanyini naby Melmoth bevind.

Two men sought for multiple murders in Ulundi, was killed in shootout with police on Tuesday afternoon at Encanyini,…

Posted by South African Police Service on Wednesday, March 6, 2024

Terwyl die polisie glo die rondawel, waarin die verdagtes na bewering weggekruip het, genader het, is daar op hulle losgebrand.

“Twee verdagtes het uitgekom en op die polisie losgebrand,” sê Gwala.

ʼn Oor-en-weer-skietery het tussen die verdagtes en die polisie ontstaan en die twee verdagtes, vermoedelik in hul 30’s, is noodlottig gewond.

Die polisie het ook beslag gelê op vier selfone en vier haelgeweerpatrone wat glo in die rondawel gevind is.

Nadat die toneel deursoek is, het die polisie ook beslag gelê op ʼn haelgeweer, ʼn tuisgemaakte vuurwapen, ʼn pistool en gedeeltes van ʼn rewolwer.

Die vuurwapens en patrone sal vir ballistiese ontleding gestuur word, terwyl die polisie se onafhanklike ondersoekdirektoraat (Opod) die skietvoorval sal ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jillian ·

Wel gedaan polisie. Darm twee minder wat in die tronk gaan sit en belasting betalers se geld opvreet!

Aggie ·

En waar is die ander 3 verdagtes. Lees ek verkeerd, of het hulle weggekom?

Papsak ·

Ja twee tussen die hordes van hulle minder maar nog nie genoeg nie hulle hopeloos te veel kan maar minder gemaak word !!!!!

Spookasem ·

Nou hoe kan hulle op die vlug geslaan het, as hulle doodgeskiet is? Die eerste paragraaf maak geen sin nie. Is hulle zombies? Tsk, tsk.
Liewers so iets:
Nadat twee … op die vlug geslaan het, is hulle deur die polisie doodgeskiet.

Cassie Carstens ·

Daar was 3 verdagtes, maar deesdae is die kommentaar van gebeure wat vrygestel word, nie altyd betroubaar nie. Volgens my her 1 verdagte weggekom want daar was 3 verdagtes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.