Twee doodgeskiet wat sonder brandstof gaan staan

Argieffoto

Twee jong mense is op Putfonteinweg in Benoni doodgeskiet nadat hul bakkie se brandstof glo opgeraak en hulle langs die pad gaan staan het, het Ross Campbell, woordvoerder van ER24, gesê.

Hy het gesê paramedici het die 19-jarige man se liggaam buite die bakkie aangetref. Hy is verskeie kere geskiet.

Die vrou, vermoedelik in haar 20’s, is binne-in die bakkie gekry. Sy is klaarblyklik ʼn enkele keer geskiet. “Albei is op die toneel dood verklaar,” het Campbell gesê.

“Twee werkers wat saam met hulle gery het, het van die toneel gevlug, maar het teruggekom toe nooddienswerkers daar aangekom het. Hulle beweer ʼn groep mans het hulle genader nadat hulle langs Putfonteinweg stilgehou het, waar die brug oor die N12 gaan.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

70 Kommentare

jongste oudste gewildste
JJ

Ek het nie woorde nie. Sterkte aan familie

Johan

Ek hoop nie dis ‘n rassistiese moord nie.

Sandra

Wat n siek land !!!!!

Pensioenaris

Is dit dieselfde gerig wat vroeër op NetNuus was? Help asb want dit stem nie ooreen mie

Elna

Lyk my dit gebeur nou al hoe meer en op n daaglikse basis. Dis skrikwekkend. Sterkte aan die oorledenes se families. Dis regtig baie hartseer en onverdiend.