Twee dwelmlaboratoriums, miljoene se dwelms gevind

Argieffoto: https://pixabay.com

Die Valke se narkotika-buro (Saneb) het die afgelope naweek verskeie wonings deursoek en op twee versteekte dwelmvervaardigingslaboratoriums afgekom.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het gesê daar is op CAT en dagga beslag gelê.

“Vyf mense tussen 32 en 42 is in hegtenis geneem en sal Maandag in die Kempton Park- en Midrand-landdroshowe verskyn,” het Mulamu gesê.

Volgens Mulamu het die Valke ʼn huis in die Avalon-leefstyllandgoed in Norkem-park deursoek en op ʼn versteekte vervaardigingslaboratorium en CAT ter waarde van R3 miljoen afgekom. “Daar is vervolgens nog ʼn huis in die Santavo-landgoed in Glen Marais deursoek en nog CAT ter waarde van R20 000 is daar aangetref,” het Mulamu gesê.

In ʼn onverwante voorval het Saneb ʼn paartjie in Randfontein in hegtenis geneem vir die smous van dagga. “Verdere ondersoek het hulle na ʼn huis in Carlswald in Midrand geneem waar hulle op ʼn daggaplantasie en gedroogde dagga ter waarde van R300 000 afgekom het,” het Mulamu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Alida ·

En hoe vernietig hulle doe goed. Dit moet daar op die plek aam die brand ģesteek word ander wissel dit net hande.

Kan iemand help? ·

Hoe gaan mens te werk as mens suspisieus is oor n huis in mens se kompleks, sonder konkrete bewyse? Waar begin mens?

John ·

Ons land, het skynbaar ook soos Australie en die meeste lande in Suid-Amerika, groot dwelprobleme. Selfs die VSA swymel onder die aanslae deur kartelle wat doofmiddels insmokkel. Waarom is die polisie-eenheid tot niet wat voltyds aandag aan die probleem gegee het. Feitlik daagliks word miljoene se doofmiddels op ORT gevind. Baie mense gebruik dus die middels en mors hul geld. Word daar reeds op verhopgings aangedring om vir sulke gewoontevormende hoog-in-die-takke konkoksies te betaal?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.