Twee Egiptenare verdink van moord in Grabouw

Argieffoto (Foto: Tracey Adams/African News Agency/ANA)

Twee mans van Egipte, 33 en 34 jaar oud, is in hegtenis geneem in verband met die verdwyning en moord in Maart 2023 op ʼn voormalige sakevennoot, ook van Egipte.

Lt.genl. Thembisile Patekile, provinsiale polisiekommissaris in die Wes-Kaap, het die inhegtenisneming verwelkom.

Die twee mans het Dinsdag in die Grabouw-landdroshof verskyn. Hulle is verlede week onderskeidelik in Grabouw en Queenstown in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.

Lt.kol. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, sê die twee mans het in die hof verskyn op aanklag van ontvoering en moord. “Die saak is tot 13 April uitgestel. Hulle bly in aanhouding. Die saak is oorgeplaas na die Mitchell’s Plain-landdroshof.”

ʼn Voorlopige ondersoek het onthul dat die beskuldigdes die slagoffer, Saeed Mansour, op 31 Maart 2023 by sy werksplek besoek het. Hulle het aangevoer dat hy ʼn bedrag kontant van hul wins verduister het. Hulle het hom in ʼn motor geboender en met hom weggery.

Mansour is later as vermis aangemeld en die polisie het ʼn saak van ontvoering ondersoek.

“Die ondersoek het die span na Grabouw gelei waar hulle op 4 April een van die verdagtes in hegtenis geneem het. Die tweede persoon is op 7 April in Queenstown in hegtenis geneem.”

Een van die beskuldigdes het sy samewerking gegee en inligting aan die polisie verskaf waar Mansour se liggaam begrawe is. Sy liggaam is in ‘n vlak graf naby Baden Powellrylaan in Mitchell’s Plain opgespoor.

Die bestuur van die provinsiale polisie het die taakspan geloof vir hul werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Harley Davidson ·

Suid-Afrika sit alreeds met n tekort aan bevoegde polisie en nou moet hulle nog tyd mors met buitelanders wat nie hulle plek ken nie,en die land besoedel met hulle kriminele teenwoordigheid.

Lillian ·

Kom al die pad hierheen, onwettig, om te kom amok maak! Deporteer dié goed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.