Twee erg beseer in gru-botsing

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Twee mense is ernstig beseer toe ʼn minibus-taxi Donderdagmiddag met twee motors gebots en agter in ʼn vragmotor vasgery het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 16:30 op die R33 in Copesville naby Pietermaritzburg gebeur.

Botha het gesê die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie, maar volgens ooggetuies het die taxi twee motors wat agter mekaar gery het, probeer verbysteek. “Die taxi het eers teen albei dié motors gebots voordat dit agter teen ʼn vragmotor vasgery het,” het Botha gesê.

Volgens Botha is verskeie ambulansdienste na die toneel ontbied en het paramedici gevind dat die bestuurder en die passasier van die taxi albei in die wrak vasgekeer was. “Albei mans, asook ʼn derde persoon, het ernstige beserings opgedoen. Vier ander mense het geringe beserings opgedoen,” het hy gesê.

Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na verskillende hospitale geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Grap ·

Die taxi’s ry te vinnig en kom nie verkeersreëls na nie .Die staat moer ‘n opleidingsentrum begin vir taxibestuurders waarna hulle ‘n spesiale permit uitreik word om passasiers veilig te vervoer.

Wat-ek-lees ·

Wat ek lees is heel normaal vir ‘n taxi. Altyd haastig terwyl die verstand by die huis gelos is.
Tog is daar ander wat ook so voortfoeter op die pad.

Anoniem ·

Daar is ‘n seker sin van regverdigheid daarin dat die roekelose taxibestuurder een van die persone is wat ernstig beseer is. Dis immers hy wat vir die ongeluk verantwoordelik is. Ek is jammer vir die ander persone wat ook seer gekry het as gevolg van die bestuurder se verkeerde besluit.

Kleintjie ·

Menigmale al gesien hoe die taxibestuurders sit en bier drink op die pad. Hulle moet maar bietjie selfondersoek doen. Jammer vir die onskuldige padverbruiker wat hierby betrokke raak.

J.B. ·

Ek stem saam Anoniem hulle mag mos so ry “dis mos hulle land”

Theresa ·

Die taxibedryf soos hy tans is, moes lankal met boikotte en menings uit die bedryf gesit gewees het. Sommer bog dat hierdie roekelose arrogante mense lisensies kry. Wat se snert is dit dat iemand wat absoluut niks vir ‘n ander se lewe voel (EN GLAD NIE KAN BESTUUR NIE!!) ‘n publieke lisensie uitgereik word. Nêrens in enige land sal so iets toeglaat word nie. Ek hoop die mense wat kleiner voertuie as privaat taxis wil gebruik, is baie suksesvol. Dring aan om die bestuurder van ‘n voertuig waarin jy klim , se ID en lisensie te sien. En as hy vieslik ry, verkla hom en moenie weer van hom gebruik maak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.