Twee erken verkragting van Amerikaanse onderwyser

Argieffoto

Argieffoto

Die twee mans wat in hegtenis geneem is op aanklag dat hulle ‘n Amerikaanse vrou op 14 Junie in die Tsitsikamma-gebied in Stormsrivier in die Oos-Kaap verkrag het, het Woensdag skuld erken.

Ao. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê Juame Thorne (26) en Luwayne de Wee (25) het in die Stormsrivier-landdroshof skuld erken op drie aanklagte van verkragting. Hulle sal Vrydag gevonnis word.

Maroela Media het vroeër berig die vrou, wat ʼn onderwyser by ʼn Amerikaanse skool in Gauteng is, het die middag omstreeks 12:00 in die gebied gaan draf. Sy is deur die twee mans oorval, wat haar in die bosse ingesleep en verkrag het. Thorne en De Wee is enkele ure daarna in die omgewing vasgetrek.

Swart het die ondersoekbeampte, ao. Lionel Annandale, en Stormsrivier se polisiebeamptes geloof vir hul vinnige ondersoek en hul toewyding in die uitroei van misdaad teen vroue en kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Winston ·

Puik werk deur SAPD. Maar hoekom erken hulle so maklik? Omdat hulle weet binnekort is hulle uit op borg of parool vir die volgende verkragting. 20 jaar harde arbeid vir verkragters. Nie hotel lewe nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.