Twee ernstig beseer toe 10 boewe op plaas toesak

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

Twee mans is Donderdag op ʼn plaas buite Polokwane in Limpopo aangerand en beroof.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie is op soek na tien mans wat die slagoffers glo aangeval het.

“Twee gewapende mans het die huis binnegegaan en vier het na die stoorkamer gegaan waar die slagoffers met masjiene gewerk het,” het Ngoepe gesê. “Die ander vier het wag gestaan buite.”

Volgens Ngoepe is ses selfone gesteel tydens die aanval. Hy het ook gesê hulle het een van die slagoffers, glo in sy veertigs, verder aangerand en met messe gesteek.

“Hulle het die kluis probeer oopmaak, maar nie daarin geslaag nie en toe op die vlug geslaan,” het Ngoepe gesê.

Geen verdagtes is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Hulle het in ʼn donkerblou Corsa-bakkie van die toneel gevlug.

Die Polokwane Observer het die slagoffers as Boebie en Jaco Muller, ʼn oupa en sy kleinseun, geïdentifiseer. Die plaas is glo op die Eerstegoud/Geyserpad geleë.

Die slagoffers besit volgens berigte ʼn motorherstelwerkonderneming. Volgens dié koerant het die verdagtes glo vroeër hul voertuig gebring vir herstelwerk. Die voorval het plaasgevind toe hulle dit weer wou kom oplaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

AL ·

Klink na n beplande aanval. Net om toegang te kry tot die plaas.
Die Staat moet verantwoording begin doen vir die wetteloosheid in die land.

Pork Chop ·

Die staat het openlik in die week gese begrawe die boere lewendig. ‘n Ander konynkop voor dit dat wit mans op hulle plek gesit sal word. Niemand sal verantwoordelik vat nie. Dis tyd dat ons dit self vasvat.

Neidra Knott ·

wat ek nie verstaan is dat die berig se. die slagoffer is glo aangeval. wat beteken dit. hulle is aangeval en daar was 10 mans. wie verstaan dit nie aangeval is aangeval.

Roos ·

Lafaards d it is wat die goed is. Val nooit aan as dit een is nie

ken benoni ·

Die ou klomp het nie durf nie, hulle is minderwaardig en vrees regeer hulle! Weereens tien lafaards teenoor twee!!! As dit is wat hulle mannemoed noem dan is ek nog meer trots om tesê ek is ‘n Boer

Anoniem ·

Heeltyd hoor ek van 10 dit en 10 dat, 12 hier en 12 daar. Dit is terreur, dit maak hulle terroriste en hulle vlug met hulle plunder. Ek sien geen boef en sy buit in die berig nie.

Gert ·

Ek gaan nie toilet toe sonder my vuurwapen aan my nie en selfs dan is ek nie verseker dat my en my familie se lewens veilig sal wees as daar boewe n aanval uitvoer nie. Dan verstom ek my as mense se jys n Cowboy, jys paranoïes ens. Wanneer gaan ons wakker skrik en besef wat gaan aan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.