Twee ernstig beseer toe motor in winkel inploeg

Foto: Verskaf.

Twee mense is baie ernstig beseer toe die motor waarmee hulle gereis het in ’n winkel in Mainweg, Newlands, in die weste van Johannesburg ingeploeg het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Sondagoggend plaasgevind.

“Toe paramedici by die toneel opdaag, het hulle gesien drie mense was betrokke by die ongeluk. Die motor het aan die kant van die pad gestaan,” het Vermaak gesê.

Volgens Vermaak moes die twee insittendes van die motor uit die wrak bevry word.

Ná noodbehandeling is hulle na die Helen Joseph-hospitaal vir verdere mediese behandeling gehaas.

’n Derde insittende is ook volgens Vermaak met matige beserings aangetref.

Die oorsaak van die ongeluk sal ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SjN ·

Gelukkig was dit Sondag, Battery Centre was gesluit, anders was oom Wors Visagie , Neville Naidoo en Shirreden nou in hul kanon in.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.