Twee Eskom-sekerheidswagte doodgeskiet

(Argieffoto)

Twee sekerheidswagte wat deur Eskom gekontrakteer is om tegnici tydens herstelwerk te vergesel, is deur rowers doodgeskiet. Die wagte is Maandag 16:00 saam met tegnici na Philippi-Oos in die Wes-Kaap, waar ʼn fout in die kragtoevoer ontstaan het.

Die wagte was in diens van Vusalsizwe Security en deur Eskom gekontrakteer om werkers te vergesel na gebiede wat berug is vir geweld en rooftogte. Eskom sê volgens ʼn voorlopige ondersoek het tegnici pas werk aan die stelsel voltooi en was op pad terug na hul voertuig toe die sekerheidswagte se voertuig aangeval is.

“Eskom se werkers kon van die toneel vlug sonder om beseer te word, maar die sekerheidswagte is op die toneel dood,” sê Eskom in ʼn verklaring.

“Ons is jammer oor die verlies van lewe en die trauma wat die wagte se families en kollegas nou moet deurgaan. Eskom veroordeel dié gewelddadige optrede ten sterkste,” lui die kragvoorsiener se verklaring. Eskom het ook sy verligting uitgespreek dat geen van sy eie werknemers beseer is nie en het onderneem om traumadienste vir Eskom-werkers asook werknemers van Vusalsizwe Security beskikbaar te stel.

Eskom het intussen aangedui dat groot dele van Gauteng se krag Dinsdag onder druk is. Dit is deels vanweë onwettige kragverbindings in sommige gebiede soos Soweto en Ivory Park, maar ook omdat oormatige kragverbruik die substasie in die Vaaldriehoek beskadig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Nie Verbaas ·

ANC en Cele. Besef julle by die tyd al wat julle eiehandig geskep het? Totale wetteloosheid.

Pieter ·

Niks is meer snaaks in afrika nie dit is hoekom dit gaan soos dit gaan. Ons het van die slimste menisters in die werld hulle kan enige werk doen.

Nie Verbaas ·

Jy moet niks van iets weet om as daardie minister aangestel te word.

marius ·

Oog vir ‘n oog en tand vir ‘n tand . Daar is geen ander manier om die verwrongde wanbalans wat deur die sogenaamde mense regte twak geskep is , reg te stel nie . Punt

lodewyk ·

Dit moet op n punt kom waar Eskom net heeltemal die herstel werk los in die gevaar sones,dat hulle maar sonder krag sit-sluit die substasies en sit die krag af vir veiligheid -hulle sal vinnig agterkom wat gebeur

Pierreli ·

JIP, sodoende sal daar krag wees vir die wat daarvoor betaal.

Hekwag ·

Maklik. Sny eenvoudig die krag na areas met onwettige kragverbindings op ‘n daaglikse basis totdat dit by die die-sulkes begin insink.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.