Twee families begrawe geliefdes

Argieffoto

Argieffoto

Twee gesinne wie se geliefdes vermoor is terwyl hulle opheffingswerk in ander lande gedoen het, se gedenkdienste vind vandag onderskeidelik in Pretoria en Bloemfontein plaas.

ʼn Gedenkdiens vir Pierre Korkie vind om 10:00 by die Christian Revival Church in Uitsig, Bloemfontein plaas. Hy sal daarna tydens ʼn privaatseremonie begrawe word.

Pierre Korkie

Pierre Korkie

Korkie en die Amerikaanse fotojoernalis Luke Somers is Saterdagoggend dood na ʼn mislukte poging om hulle van Al-Kaïda-militante te bevry. Gift of the Givers, wat gehelp het met onderhandelinge om hom vry te laat, het gesê Korkie is dood ʼn dag voordat hy veronderstel was om vrygelaat te word. Sy liggaam het Dinsdag in Suid-Afrika aangekom.

Pierre en sy vrou, Yolande, is op 27 Mei 2013 in Taiz, Jemen ontvoer. Yolande is op 10 Januarie vrygelaat nadat Gift of the Givers haar vrylating onderhandel het. Korkie se ontvoerders het vroeër ʼn losprys van $3 miljoen (ongeveer R32 miljoen) vir sy vrylating geëis. Klik hier vir vorige berigte hieroor.

In Pretoria vind daar om 09:00 ‘n gedenkdiens plaas vir Werner Groenewald en sy twee kinders, Jean-Pierre (17) en Rhodé (15). Die diens word by NG-kerk Moreletapark gehou.

Werner Groenewald, sy vrou Hannelie en kinders Jean-Pierre en Rhodé Foto: muslims4jesus.wordpress.com

Werner Groenewald, sy vrou Hannelie en kinders Jean-Pierre en Rhodé Foto: muslims4jesus.wordpress.com

Hul liggame het Woensdag in Suid-Afrika aangekom nadat hulle op 2 Desember in ’n Taliban-aanval by hul huis in Kaboel in Afghanistan doodgeskiet is. Groenewald en sy vrou, Hannelie, ʼn mediese dokter, het opheffingswerk vir Partnership in Academics & Development (PAD) in Kaboel gedoen. Sy was by ʼn kliniek waar sy as ʼn dokter gewerk het toe die aanval plaasgevind het.

Hannelie het ook Woensdag na Suid-Afrika teruggekeer. Lees vorige berigte oor die voorval hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

annatjie ·

Hartseer dag vir albei families, op so ‘n reenerige dag, en dit so op Kersfees.. Sterkte aan al hulle geliefdes wat agterbly. Mag hulle vertoosting vind in ons Skepper se arms.

jakoos ·

Maroela, julle beweer dat hierdie twee families “opheffingswerk” in ander lande gedoen het, maar daar is oorgenoeg aanduidings dat die “opheffingswerk” ‘n blote skerm was vir sendingwerk om Moslems na Christendom te bekeer en oorreed.

Kan ons asseblief end kry met hierdie verdoeseling. Miskien nie vandag met die begrafn isse nie, maar oor ‘n dag of twee. Hier word ‘n totaal skewe beeld geskep van mense wat liefdadigsheids- of ander take glo verrig het, maar in werklikheid besig was om hulle godsdiens aan ander af te smeer – en dit in lande waar die soort ding nie alleen verbied word nie, maar strafbaar is met die dood omdat dit beskou word as belastering van hulle God Allah.

Natuurlik sal miljoene Christene onmiddellik gil dat Allah nie die ware God is nie, maar vir die Moslems is dit.

‘n Mens het natuurlik simpatie met enigeen wat geliefdes verloor het, maar dis tyd dat die volle waarheid oor hulle bedrywighede geopenbaar word. Nou word hulle as martelare beskou deur diegene wat in die binnekring is, maar hulle was nie – behalwe dat ‘n mens diep bedroef en geskok is oor die dood van twee jong en onskuldige tieners – en dit vir hulle ouers se godsdiensmanie.

Sal julle of iemand in godsdienstige gesagsposisie volgende week vir Hannelie Groenewald tot volle verantwoording roep.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.