Twee families se beproewing ná liggaam langs pad gevind is

Die vermiste Hennie van der Merwe (Foto: Pink Ladies/Verskaf)

Die ontdekking van ʼn man se liggaam langs die N4 buite Komatipoort in Mpumalanga het vir een familie ʼn hartseer einde gebring, terwyl ʼn ander familie nog ʼn bietjie hoop het dat hul geliefde gevind sal word.

Die erg geskende liggaam is Sondag deur gemeenskapslede in die veld buite die dorp gevind waarna die polisie die liggaam aanvanklik geïdentifiseer het as Hennie van der Merwe (60) van Southport in KwaZulu-Natal wat sedert die begin van die maand vermis word.

Foto’s van die liggaam is aan naasbestaandes gestuur om hulle van Van der Merwe se moord in kennis te stel. Van der Merwe se broer, wat in Pretoria bly, moes die liggaam by ʼn lykshuis in Komatipoort gaan uitken. Toe hy nie die liggaam as die van sy broer kon eien nie, het dit aan die lig gekom dat die slagoffer eintlik die vermiste Hennie de Beer van Machadodorp (55) is.

“Hoewel dit lyk soos Hennie, is dit nie hy nie,” vertel Ester Voight, Van der Merwe se suster, aan Maroela Media.

“ʼn Polisiebeampte het ons sedertdien om verskoning gevra en gesê dat hy dit nog nooit beleef het dat twee persone van verskillende provinsies dieselfde kan lyk nie. Die twee Hennies is identies. Hulle kon ʼn tweeling gewees het. Alles is dieselfde, behalwe hul ouderdomme,” vertel Voight.

Van der Merwe is steeds soek. Dié pensionaris het op 1 Julie vanuit sy huis in Sunwich Port aan die Suidkus vermis geraak nadat sy verloofde die oggend werk toe is.

Voight vra die gemeenskap om op die uitkyk te wees vir ʼn poeierblou Fiat Uno met die registrasienommer NPS 86251.

Hennie De Beer (Foto: Facebook)

Hennie de Beer

De Beer het verlede Vrydag Komatipoort toe gery vir werk en het beplan om dieselfde dag nog terug te keer toe sy werksvoertuig vermoedelik buite Komatipoort gekaap is. Hy is daarna grusaam vermoor.

Sy klere was van hom afgeskeur toe gemeenskapslede op sy liggaam langs die pad naby Hectorspruit afgekom het. Slegs flardes van sy hemp se moue en sy onderklere was nog aan sy liggaam. Hy het ook net een skoen aangehad. Hy is vermoedelik met ʼn panga vermoor.

“Dit is wreed, maar dit is die realiteit,” vertel Johan Cloete, ʼn jarelange vriend van De Beer, aan Maroela Media. De Beer het net drie weke gelede by Cloete in Pretoria gekuier.

“Hy bly nooit ná 20:00 uit nie. ʼn Jong man wat by hom loseer, het my die Vrydagaand gebel en gesê hy [De Beer] het nog nie teruggekeer huis toe nie. Ons het op WhatsApp gekyk en gesien dat hy die aand omstreeks 19:45 vir die laaste keer op WhatsApp was,” verduidelik Cloete.

Vir die res van die naweek was daar geen teken van De Beer nie en Cloete het die loseerder gevra om hom as vermis aan te meld.

Hy vertel dat hy ook die grusame foto’s van die liggaam in die veld ontvang het, maar nie daarop ag geslaan het nie.

Dit is eers toe De Beer se werk die werksvoertuig waarmee hy die betrokke dag gery het as vermis aangemeld het, dat die liggaam as dié van De Beer geïdentifiseer kon word. Die voertuig is steeds soek.

Cloete verstaan nie waarom sy vriend doodgemaak moes word nie. “Kaap my en vat my goed, maar moenie my doodmaak nie.

“Hy was baie geliefd onder oud en jonk. As hy jou vriend was, was hy jou vriend.”

De Beer sal veras word. Roudienste sal gehou word in onderskeidelik Machadodorp en Pretoria, sowel as in Brandfort in die Vrystaat waar sy oorlede ouers ʼn paar jaar gelede veras is.

Maroela Media kon na verskeie pogings nie die betrokke polisiewoordvoerder bereik vir kommentaar in verband met die moord op De Beer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Andrea ·

Hierdie is nie n plaasmoord nie, maar volgende my nogsteeds rassisties. Sulke moorde behoort ook onder die wêreld se aandag gebring te word.

DS ·

Hoe stuur ‘n polisiebeampte fotos van ‘ n liggaam aan “naasbestaandes” dit moet mos nooit gebeur nie! Volgens my moet die liggaam by die lykshuis uitgeken word met ‘n beampte teenwoordig. En tweedens nadat hulle hom verkeerdelik geidentifiseer het op grond van wat het hulle hom geidentifiseer? Dis skokkend en ‘n totaal onaanvaarbare prosedure van die polisie.

Magdalena ·

Ek stem 100% saam…….hoe op aarde identifiseer mens ‘n persoon op ‘n foto……????‍♀️ en dan stuur jy foto’s aan familie………
Regtig ? Onmenslik onprofesioneel!!!
Is daar nie meer vingerafdruk deskundiges in die polisie nie????
Stel my weer aan in die saps – ek KAN

sweis ·

Die polisie is onbevoeg om hulle werk te doen ,dit is die rede vir die styging in misdaad n bose kringloop.

Cherokee ·

Vreemde gebeure wat vele mense geskok het natuurlik.
Die woorde ‘Sy klere was van hom afgeskeur toe gemeenskapslede op hom afgekom het’ moet dalk verander word na ‘hulle het hom met afgeskeurde klere gevind’ om te verhoed dat dit verkeerd gelees word.
Vreemd en met ‘n skok vir een familie wat toe weer in hoop ontvlam het, met skok vir ‘n ander familie. Ek hoop die persoon wat steeds vermis is, word ongeskonde gevind.

thinus erasmus ·

Nee geen reaksie van SAPD want die persoon is nie van ANC nie. Geen spesiale ondersoekspan, beloning of tv dekking nie. Dis mos net een van ons.

Petto ·

Dit is baie hartseer,maar ons lewe in n gebroke wereld en dit gaan nie verander,die vraag wat ons moet vra is ,se nou dit gebeur met een van ons wat hier lees en kommentaar lewer,is jou saak reg vir die ewigheid, na die lewe enige oomblik op die mal aarde tot n einde kan kom.

Magaretha van heerden ·

Hoogtyd dat almal wakker word en dit noem wat dit is. Moorde op wit Suid Afrikaners. Nie plaasmoorde nie. Die buitewereld moet dit mooi verstaan.

Woedend ·

Sulke vieslike moordenaars moet totaal en al uit die samelewing verwyder word!!!

Stiks ·

Hierdie boewe moet weet, God slaap nie en die wiel bly draai

Hugo D ·

Sterkte vir sy familie! Dis baie hartseer…dankie Vader ons kon VSA toe trek! Sal nooit weer daar bly nie!

Rieks ·

@HugoD as jul dan in die VSA bly, hoekom steur jy jou nog aan SA nuus? Julle is mos nou weg? Seker net vir die sensasie.. Skaam jou!

Spikkels ·

#Rieks skaam jou. Net omdat Hugo D nou in die VSA bly maak dit van hom of haar minder Suid Afrikaner hul betoon hul meegevoel met n sinlose moord en al wat jy kan sê is Skaam jou! Jy Tieks moet jou skaam sies vir jou.
Hugo D Bly jul kon uit hierdie hool van ‘n Suid Afrika kom.

Natasha ·

FYI, net omdat van ons nie meer in SA bly nie, beteken nie dat ons nie meer omgee vir ons land nie. En ook, ons het nog geliefdes ook in SA! Hou op oordeel en dink jy weet wat in ander se gedagtes en harte aangaan!

Lynette ·

Rieks…..SIES VIR JOU. Net omdat jy nie oor die geleerdheid of vaardighede beskik wat jou sal toelaat om die land te verlaat nie, moenie ander oordeel wat WEL die opsie het nie. Jy is net bitterbek omdat jy vasgekeer is in hierdie hool van n land.

Jeremia ·

Die hoeveelheid mense wat ontvoer/vermis, gekaap en vermoor word in Suid-Afrika dui op anargie. Dit begin by die staat en het die hele land verrot. Maatskappye en beleggers skuif hul geld uit Suid-Afrika.

Aster ·

Hierdie is volksmoord…GENOCIDE. Hoekom moes hulle sy lewe neem, hoekom kon hulle nie net die kar, en al sy goed gevat het nie! Nee hulle wil moor en uitwis, dis mos waaroor dit gaan!

Piet ·

Donker Afrika , Mens dink nog steeds jy is veilig in die plek , lewe maar in droom werld ,Ek sal maar my Glock getrou dra elke dag , het darm al 2 keer my lewe gered ,

Anni Thirtle ·

Daar is nie dalk versekeringsbedrog hier betrokke nie?

Bokram ·

Ek is besig om te spaar,kannie wag om te emigreer nie,die land sal nooit weer dieselfde wees nie,dit vererger elke jaar net.

DS ·

Hugo D doen jouself die guns en moenie verder artikels lees wat hier in Suid-Afrika gebeur en dan kommentaar daarop lewer nie. Jy het mos nou jou beter lewe konsentreer daarop want ek weet nie of jy regtig simpatiseer of SPOG omdat jy nie meer hier is nie. Weet net daar is baie van ons wat hier is omdat ons wil nie omdat ons moet nie en dan is daar baie wat graag sou wil gaan maar nie kan nie. Hoekom as jy die “sinkende” skip verlaat het nog terug kyk?

Cherokee ·

DS (en Rieks), mens steek tog jaloesie weg… wys dit nie so openlik nie!

Spikkels ·

DS – Hugo D bly nog steeds n Suid Afrikaner maak nie saak wasr hy in die wêreld is nie. Ek stem saam met Cherokee. Rieks en DS en ek voeg by enige persoon wat voel soos Rieks en DS is net jaloers en venynig op mense wat ‘n beter lewe vir hul families begeer

Adri ·

Bokram, jy is vreeslik slim om nou te begin spaar maar weet dat die slimmes lankal gespaar het en reeds in die buiteland sit. Die watso vreeslik dreig om die land te verlaat kan dit gerus maar doen. Ons kan sonder julle klaarkom.

Theresa ·

Ag Here, ek verstaan nie die wreedheid agter hierdie kapings nie. Watter satisfaksie kry hulle deur so wreed te wees? (Ek wil regtig nou niks meer sê nie)

DS ·

Cherokee ek kon lankal oorsee gewees het my keuse om te bly waar die Here my geplaas het. GEEN jaloesie hier nie my ou

DS ·

Spikkels lees my antwoord aan Cherokee my lewe is tydelik op aarde en my enigste begeerte vir my en my gesin is die Ewige Lewe en dit is ek 100 % seker van gaan ons he is jy seker jy en jou gesin gaan die Ewige Lewe he??? Indien nie – is DIE nie eers ‘n druppel in die oseaan van die lyding wat jy gaan voel dan nie en daar gaan jy nie eers op Maroela kan kla nie. Al wat ek gese het is as jy die land verlaat het moet dan nie meer aanmerkings en kommentare lewer nie jy het’ n nuwe lewe leef hom! Dos soos om te skei maar die hele tyd op jou eks se sosiale mefia te wees en oor hom/haar te praat nee nee nee beweeg aan en ek dank die Here elke dag vir die feit dat die dinge tydelik is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.