Twee fietsryers sterf in Durban

Argieffoto Foto: tenspeedhero.com

Argieffoto Foto: tenspeedhero.com

Twee fietsryers is Sondagoggend net ná 05:00 oorlede toe ʼn motor hulle op die M4 in Durban getref het.

“Volgens berigte op die toneel het ʼn swart Golf GTI die fietsryers net ná Broadway-afrit in ʼn noordelike rigting, op die snelweg getref,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Die mans, albei in hul 30’s, het in die pad gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Hulle het aan hul beserings beswyk voor paramedici by die toneel opgedaag het. Hulle is op die toneel dood verklaar.”

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het intussen bevestig die motor het ʼn groep fietsryers getref.

“Die groep was besig om vroegoggend te oefen toe die motor hulle van agter op die besige snelweg getref het,” het Jamieson verduidelik.

“Die bestuurder van die motor het geringe beserings opgedoen,” het Jamieson gesê.

Dit is nog nie duidelik wat tot die ongeluk gelei het nie. Die polisie is op die toneel en stel ondersoek in.

Die M4-noord is gesluit terwyl die polisieondersoek voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johanna ·

So hartseer dat so iets moes gebeur. Paaie is nie sportbane nie! Dit is nie eers meer veilig om in jou motor op die pad te ry nie wat nog vir fietsryers en voetgangers – ek kry soms skool kinders op fietse in die straat – dit is eintlik net genade dat hulle nie raakgery word nie – van die kinders is baie bedagsaam en dan kry jy die een of twee wat plein net moedswillig is en motoriste tart.

Poppie ·

Sterkte aan die familie. Dit is n groot skok. Ek weet. En nou gaan die bestuurder sit, maar as hy van die polisie is, gaan daar niks gebeur. Soos my sus op haar fiets deur dronk polisie doodgery is.

DPJ ·

Poppie jy is reg. Niemand mag aan polisie raak nit.
Sterkte met die padongeluks versekerings eis sal seker in die volgende 5 jaar afgehandal wees. Vasbyt

Wilre ·

Ek het baie respek vir fietsryers gehad omdat een van my skoollvriende n bekende fietsryer is, tot ek en my gesin een dag op die tarlton pad oppad was mall toe. Die fietsryers het sommer 3 langs mekaar gery en die pad is nie breed nie. Ons kon hulle nie verbygaan en om hulle ry nie aangesien n trok van voor gekom het. My man het liggies hoeter gedruk en gewys hulle moet uit die pad uit. Toe wil hulle ons motor slaan en beskadig. Iets sal beslis hieraan gedoen moet word.

Nico van Jeffreysbaai ·

Wat soek trapfietse op ‘n snelweg? Sommige fietsryers ry in groepe en by tye drie of vier langs mekaar. Jy as motoris moet maar verlief neem daarmee en agter die bondel fietsryers bly tot daar verbykomkans is. Dit lei tot frustrasie en party mense tree dan onverskillig op en “sny” fietsryers af wat tot moontlike ongelukke mag lei.

Sou jy kapsie maak en toet word jy uitgeskel en tekens voor gewys. Ja – Motoriste is ook skuldig en respekteer nie altyd fietsryers en voetgangers nie.

Hierdeur sê ek nie wat gebeur het met hierdie geval is reg nie. Wat hier gebeur het is tragies en menselewens in geneem. Hier was drank betrokke en die motorbestuurder was roekeloos en onverskillig. Alle sterkte aan die familie van die oorlewenes.

Kloekie ·

So hartseer en onnodig.Of mens in n kar of op n fiets ry moet mens namens ander dink-om voor sonsopkoms op n sondag oggend(paar uur na ander mense se saterdagaand) op n besige snelweg te ry is soek vir moeilikheid.

fietsryer ·

wat soek die fietsryers op de snelweg? hulle weet mos hulle mag nie op snelwee ry nie

Flippie ·

Werklik waar fitse op snelweë weg. Om 05h00 is die verkeer al druk in DBN en die M4 is een van die besigste paaie in die stad. Regtig nie die plek vir toetse nie.

Amper soos om met jou Ferrari op King Shaka Lughawe te gaan oefen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.