Twee geliefde broers sterf op selfde wyse: ‘Hulle was onafskeidbaar’

Sarel Claasen. Foto: Verskaf

ʼn Gesin van Rustenburg se ergste vrees het waar geword toe hul oudste seun onlangs in ʼn motorfietsongeluk oorlede is, bykans vyf jaar ná sy jonger broer ook só oorlede is. ʼn Nagmerrie wat niemand gedink het sal met dieselfde gesin weer gebeur nie.

Wynand Claasen is op 25 Oktober 2012 in ʼn motorfietsongeluk buite Kroondal oorlede. Hy was 28 jaar oud. Amper vyf jaar later is sy broer, Sarel, op 17 Mei ook in ʼn motorfietsongeluk in Rustenburg oorlede. Hy was 35 jaar oud.

“Vinkel en koljander, die een was nes die ander en onafskeidbaar. Hulle was verskillend in soveel opsigte, maar het dieselfde harte gehad. Soos enige broers maar is, was daar menige verskille; een was mal oor visvang en die ander ene oor voëltjies, maar hulle kon net nooit te lank van mekaar af weg wees nie. Vir twee jaar het Wynand by sy ouboet gebly voordat hy oorlede is, en saam het hulle alles gedoen. Mekaar geleer ken as grootmense en nie net as kinders in die huis nie,” het Louwrinda Botha, hul enigste suster, gesê.

Volgens Botha was Wynand ʼn baie liefdevolle mens. “Familie was vir hom belangrik. Hy het altyd my, ons ma en pa met soveel liefde en respek hanteer. Hy was nie ʼn grapgat soos Sarel nie, maar het sy oomblikke gehad; hy was maar stil op sy eie manier, maar hy sou enigiemand enige tyd help waar hy kon.” Wynand was nie getroud nie, maar het ʼn seun agtergelaat.

Sy gesê Sarel kon nooit ernstig wees nie, hy het altyd gelag en almal om hom laat lag. “Hy was vol grappies en ʼn regte entertainer. Sarel was baie lief vir kinders, en het altyd die kinders entertain, of hy nou saam met hulle gespeel het, towerkunsies gedoen of snaakse danspassies gewys of hulle geterg het. Niemand sal sy plekkie by die kinders kan vervang nie.” Sarel laat sy vrou en twee dogtertjies agter.

Volgens Botha het haar ouers baie gesukkel om Wynand se dood te aanvaar en te verwerk. “Hy was hul jongste wat nog soveel in die lewe kon bereik het. Dit was swaar, veral op verjaardae en Kerstye, maar met Sarel daar om almal te laat lag, was dit altyd makliker. Hy het altyd stories vertel en so die familie se gemoed gelig.”

Sarel en Wynand Claasen. Foto: Verskaf

Sarel se dood, omrede dit baie dieselfde is as wat met Wynand gebeur het, het baie wonde oopgekrap. “Maar ek dink ook almal het probeer closure kry oor Wynand en Sarel op hul eie manier. Dis nie maklik nie, maar die goeie herinneringe help. My ma is rustig. Sy het gesê sy weet waar haar kinders is, en ons sal moet leer om daarmee saam te leef.”

Botha het gesê Sarel kon glad nie sy broer se dood verwerk nie. “Sarel het soms fokus verloor oor sy eie lewe, en het party dae baie swaar gekry oor Wynand nie daar is nie. Ek dink die band tussen twee broers is baie sterker as die band met ʼn suster. Vandat Wynand dood is, het Sarel uit sy pad gegaan om tyd saam met my deur te bring, en ons band het in ʼn oogwink baie sterk geword. Ons het ʼn wonderlike vier jaar en sewe maande saam gehad; ons het baie gelag en ook gehuil.”

Sy het gevrees dat Sarel iets moet oorkom ná Wynand se dood. “Ek was bitter bang om alleen oor te bly, en die tyd wat ek en Sarel saam kon deurbring, het my vrese vererger, want mens is mos maar mens en raak afhanklik van die liefde van een broer wat vir twee moes opmaak. Ons het so geheg aan mekaar geraak dat sy dood eintlik ʼn verskriklike skok was, en nog steeds is. Dit voel nog onwerklik vir my, en ek weet daar gaan nog baie hartseer dae wees wat voorlê.”

Sarel en Wynand was albei baie lief vir motorfietse en mooi motors. “Ons het altyd gesê hulle wil net gatskuur. Hulle kon albei baie goed bestuur. Wynand was bietjie meer waaghalsig as Sarel. Vir Sarel was dit meer ʼn gevoel van hy ry motorfiets vir sy boetie en dalk was dit ʼn manier vir hom om nader aan Wynand te laat voel. Ons sal nooit weet nie.”

Die gesin sal bly vasklou aan die herinneringe. “Hierdie twee unieke wonderlike broers, seuns, pappas en eggenoot laat ʼn baie groot leemte, hulle was perfek vir ons en niemand sal ooit hul plekkies in ons harte kan vervang nie. Die herinneringe sal nooit weggaan nie; familiegeleenthede gaan baie moeilik wees vorentoe, maar ons gaan die ‘legends’ wat hulle was, laat voortleef.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

26 Kommentare

Maryn van wyk ·

Ons innige aimpatie. Mag God self die wonde opvul met die H.G. olie van vertroosting.

Lucy ·

Ontsettend hartseer – baie sterkte vir familie. Ek het my twee broers een jaar uitmekaar uit verloor. Vir hierdie twee broers kom die woorde van die liedjie “the wheel in the sky keeps on turning” in my gedagtes as ek lees van die twee broers se liefde vir motorfiets ry…

d ·

Nou kyk ons in’n spieël en raaisel maar eendag van aangedig tot aangedig.
Mag die Hilige Gees van God julle ryklik vertroos.

Veronica ·

Weet waardeur hulle gaan want ons het ook eers die jongste broer verloor in n frats ongeluk net buite Rustenburg 93 en presies 5 jaar daarna my suster wat die oudste was ook in frats ongeluk in Bosbokrand 98 . . . albei my ouers leef nog en dit was die seerste seer ooit vir hulle en vir my en my ander broer wat nog leef . . . Mag GOD ons genadig wees en verdere smart van ons wegghou in JESUS NAAM ….so ook vir almal wat hier lees

Houtoog ·

Die inleidingsparagraaf lees: “‘n Gesin van Rustenburg se . . . . . .toe hulle eers hul oudste seun en toe hul jongste seun . . . . .”
Gaan nou in op die berig dan dan lees ek: “‘n Gesin van Rustenburg . . . . . . toe hul oudste seun onlangs . . . . bykans vyf jaar ná sy jonger broer . . . . ”
Hier is dus ‘n omruil van wie (ouer/jonger) eerste oorlede is.
Modereer maar maar maak net die berig reg.

Phillip Bruwer ·

Dankie vir jou valkoog Peet

Ons het die inleidingsparagraaf daarvolgens reggemaak.

Groete

Phillip Bruwer, nms. Maroela Media

nadia claasen ·

Baie dankie maroela media vir die herdenking… En vir almal se mooi woorde!!! Sarel was special en eks net dankbaar vir die 10 jaar wat ek hom in my lewe kon hê….

Tinka ·

Rip. So eronies. My liefste boetie se naam was ook sarel en hy was ook 35 toe hy aan n beroerte oorlede is. Dit het my weer laat dink vanoggend. Sterkte vir julle in die tyd wat julle deur die pyn moet werk. Mag Jesus elke tree saam julle stap.

Daan ·

In ‘n motor is jy vasgegordel,voor jou is ‘n lugsak,rondom jou is die motor se bakwerk met ”crumple zones” wat jou beskerm.In ‘n botsing ,terwyl jy teen 100km/uur beweeg,stop die motor of motorfiets onmiddelik terwyl jou liggaam steeds teen 100 km/uur vorentoe beweeg.Op ‘n motorfiets is jy ‘n projektiel met geen beskerming nie. Elke mens moet maar vir homself besluit of dit die risiko werd is

Lizel ·

Daan jou kommentaar is onvanpas dit maak nie saak jy jou tyd op aarde “verlaat” nie, as ons Liewe Vader besluit jy moet huistoe gaan is dit so. Baie sterkte aan die familie en vriende. Mag julle die rustigheid kry dat die twee broers nou weer saam mekaar is.

Lynette ·

Lizel Ek dink nie Daan se kommentaar is onvanpas nie- miskien sal dit n jongmens wat oorweeg om n motorfiets te koop, twee maal laat dink….

Namibië ·

Daan, jou kommentaar is so onvanpas. Ek ry self bike. Ek leef eerder my lewe en doen waarvoor ek lief is as wat ek te bang is om dood te gaan en draai myself in watte toe. Die dood is on vermydelik. Dis hoe jy op aarde leef en wat jy doen wat tel. Die twee broers het duidelik ‘n baie goeie werk daarvan gedoen: om voluit te leef en goeie herinneringe vir hul familie en geliefdes agter te laat. Sterkte aan hul familie en vriende.

Ano ·

Daan ek hoor jou. Ook broer verloor in motorfiets ongeluk en het jare lank soos jy gevoel maar weet jy, ek sterf liewer so as in ‘n moderne voertuig. Ja, dit het lugsakke ens ens MAAR ek wil nie doodbrand in ‘n motor nie. Kyk bietjie nuusberigte hoeveel mense brand deesdae dood in hulle motors. Moderne motors is NIE veiliger as motorfietse nie

Ai ·

Rus in vrede Sarel! Jy het gedoen waarvoor jy lief was. Mag jou vrou, kinders en die res van jou familie vrede in hul harte vind en God hulle bystaan as dinge te moeilik raak.

Daan, dankie vir wat jy sê maar die familie lees die kommentaar. Los dit maar vir ‘n ander keer. Hulle is in rou

LB S ·

Dit kan jy nog ‘n keer sê. Ons het pas met verlof gegaan en ek het my man oortuig dat ons vlieg en ‘n motor in Jhb huur. Die lang pad tussen Kaapstad en Jhb was vir my ‘n nagmerrie gedagte.
Voorheen was die reis deel van die vakansie en het ons dit geniet, twee keer oorgeslaap, ens. Maar daar is net te veel trokke en busse in ongelukke betrokke deesdae. Nee dankie, ek wil nie heeltyd in spanning reis nie. (En om te dink so 8 jaar gelede het ons nog met ons Harley deur die land getoer!

Berdine Putter ·

NIEMAND sal my ooit weer laat lag soos jy Saarkie.xxx Gaan jou baie mis

Net 'n ma ·

RIV. Mag mooi herinneringe van die twee jong manne julle altyd bybly. Dit maak nie saak hoe hulle gesterf het nie, maar hoe hulle gelewe het. My simpatie aan die familie en vriende!

Tinka ·

As gelowige glo ek dat hulle 2 vroeêr hul eindbestemming bereik het. Mag jul familie vrede vid in die vind dat hulle eemdag herenig sal word. Sterkte en mag jul mooiste herinmeringe aan die twee mooi jong mans jul deur hierdie hartseer dra. Jammer, maar ek moet net byvoeg – Daan, jy is die oom in die familie van wie niemand hou nie.

Jacoba ·

Sterkte aan geliefdes, maar spesiaal die ouers …ouers is nié veronderstel om kinders finaal te groet nié…dit breek stukkies van jou gees/hart af… pyn bly maar die medisyne ..God se genade , help ..neem in met elke asemteug ..wees daar vir mekaar ons word maar geleen vir mekaar.

Chanelle vd merwe ·

Dankie vir almal sarel en ek was die laaste 6maande saam en dit was die beste tyd van my lewe sou hom ruil ve niks ni hy was my alles dit was net sad omte hoor dat hy my gebel het 2 keer van sy werk af om vir my tese hy gaan my uitvat vir eete en terwyl ek besig was om myself gereed te temaak wag ve hom opad na my toe ontvang ek n foon oproep wat ek nooit ooit wou hoor ni was rou in die hart maar ek weet hy rus by sy boetie en jesus ek weet dit lief jou my bok for ever

Suretha ·

My man is in Junie 2009 oorlede. Ek was met ‘n vriendin op die foon besig wat vreeslik baie praat en daar het toe ‘n oproep van my man ingekom wat ek geignoreer het. Ek was haastig, besig om laaste goedjies in te pak voor ek en die kinders na Skoonmoeder toe moes ry, met die idee dat ek hom sal terugbel sodra ons op die pad is en ek rustig kan gesels. Net buite Pretoria het my foon gelui en ek het gesien dis weer my man wat bel. My vrolike “Hallo Liefie!” is toe begroet met sy vriend se stem, wat sê ek moet dadelik kom want my man het ‘n ongeluk gemaak met sy motorfiets. Ek sal vir altyd met die wete saamleef dat ek nie sy laaste oproep beantwoord het nie. Dalk sou hy versigtiger gery het as ek met hom gepraat het. Dalk, wie weet, sou hy nog gelewe het. Ek sal myself nooit kan ophou verwyt daaroor nie.

Daan ·

Suretha,net soos ons ons naaste vergewe moet ons ook ons self vergewe.Dis nodig om aan jouself te erken dat dit menslik is om foute te maak en dat jy nie altyd die slagoffer van ‘n fout hoef te bly nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.