Soorte resepte:

Twee geliefde Stellenbosch-restaurante sluit

Meraki was in Reyneveldstraat geleë (Foto: Facebook)

Twee bekende restaurante in Stellenbosch het aangekondig dat hulle te midde van die koronavirus-pandemie nie hul deure langer kan oophou nie.

Die Eikestad is hard getref deur die landwye staat van afsondering, aangesien die dorp grotendeels staatmaak op toeriste wat die dorp en sy omliggende wynlande besoek. Die sluiting van universiteite het ook die restaurante se grootste kliëntebasis, die studente, uit die dorp laat verhuis.

Die bekende koffiewinkel Meraki, wat in Stellenbosch se besige Reyneveldstraat geleë is, het reeds in Mei aangekondig dat sy deure sal sluit.

Die eienaar van Meraki, Corlandi Bezuidenhout, het in ʼn verklaring gesê sy is verpletter oor die besluit om haar winkel te sluit.

“Agt jaar se vasbeslote moeite en pragtige herinneringe, duisende koffies en heerlike ontbyte – in een dag is alles verby. Woorde ontgaan my terwyl ek hierdie skryf,” sê sy.

Corlandi Bezuidenhout (Foto: Facebook)

Bezuidenhout sê sy stry al sowat ʼn jaar lank met haar verhuurder oor verhuringsfooie, toenemende deposito’s en huurvoorwaardes.

“Sy houding oor huurvoorwaardes gedurende inperking was die laaste spyker in ons kis. Ons moes steeds 50% van die huurgeld betaal, al kon ons nie die eiendom gebruik of ʼn onderneming daaruit bedryf nie. Dít terwyl die verhuurder vier maande huur as deposito terughou, wat ons aangebied het om gebruik te kan word.”

Sy sê die universiteitstudente was hul grootste kliëntebasis en sonder hulle is Meraki se hande afgekap.

“Ons het nie die hulpbronne om aan te hou huur betaal sonder ʼn inkomste nie. Ons finansiële reserwes is leeg,” het sy in Mei vanjaar gesê, toe die land in vlak 4 van afsondering was.

Meraki het in 2016 én 2017 Eat Out se toekenning vir die beste koffiewinkel in die Wes-Kaap gewen.

The Trumpet Tree (Foto: Facebook)

ʼn Paar weke ná Meraki se aankondiging het The Trumpet Tree in Dorpstraat ʼn soortgelyke aankondiging gemaak.

“Ná 11 jaar van die beste herinneringe, wat nie in woorde gestel kan word nie, is ons hartseer om aan te kondig dat ons The Trumpet Tree finaal gaan sluit.

“The Trumpet Tree was nie net ʼn restaurant of ʼn kroeg nie. Dit was ʼn plek vir die mense van Stellenbosch om die lewe te vier,” het hulle in ʼn verklaring gesê.

Bezuidenhout het gesê ander restaurante in dié dorp, soos Spur en Tasha’s, het ook reeds dieselfde kommer uitgespreek en voorspel die ondergang van talle ander restaurante.

Honderde mense het op sosiale media hul hartseer oor die twee restaurante se aankondigings uitgespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JohanR ·

Wit bestuurde besighede, en dit is net twee. Hoeveel gaan nie onder nie in die tydperk. Is dit nie die ANC se plan nie?

Willem ·

Word wakker dit was en is die plan omwit besighede te sink

Alida ·

Plaas ons terug tot waar ons was voor 27 Maart dan kan die ekonomie herstel maar nou gooi hulle R50 miljoen daagliks weg met die vieslike reels wat ongrondwetlik is. Sal graag wil sien hoeveel kostebevele gaan hulle moet betaal op die end.

Jaco ·

lockdown se eintlike doel is om wit besighede te kelder. Sulke geluide kom al uit die ANC vanaf lank voor lockdown, met uitdrukkings soos onteiening sonder vergoeding en radical economic transformation. Regstellende aksie en BEE is ook al sedert 1994 met ons. So wit besighede wat nou vou, het ons sien kom.
Wat ek nie verstaan nie, is dat niks vir die swart werkers van die bankrot wit besighede gedoen word nie. ek sien byvoorbeeld nie dat die besighede toe vir die swart werkers gegee is nie.
Nog iets: haarkappers BLY steeds toe. Hier waar ek bly is 5 haarkapperbesighede ALMAL in swart besit. Hulle is toe en hulle swart eienaars kry swaar.
So waarom ly swart besighede dan ook onder lockdown? Die eintlike doel van lockdown is dan om wit besighede te laat ondergaan.
Kortom, ek verstaan diskriminasie teen wit mense in SA, want dis mos maar deel van die ewige “”straf” vir apartheid. Maar waarom behandel die swart regering ook gewone swart mense, hulle mense, sleg. dis mos nie reg nie.

Alexander ·

ANC se veraderlike plan om witg besighede te sink het gewerk, maar as jy sulke nydige planne beraam gaan jou dade jou inhaal. Wat jy saai sal jy maai.

Kirst ·

As dit werklik die ANC se plan is om besighede met wit eienaars te kelder is hulle dommer was wat mens ooit sou kon raai. Onthou dat die ANC hulle stemme koop met sosiale en ander toelaes, wat hulle finansier uit belasting geld. Ons almal weet dat 10% van die bevolking waarskynlik omtrent 90% van die belasting betaal, en ons weet wie die meerderheid van die 10% is. Die ANC weet dit ook baie goed. As hulle doelwit is om wit besigheidsmense te kelder, wis hulle ‘n groot deel van die belastingbasis uit. Voeg daarby die groot aantal nuwe werkloses. Ek glo nie dit is die Ramaphosa faksie van die ANC se doelwit nie, maar dit wil tog voorkom asof die stert die hond swaai, want sy eerste minister Zuma en haar trawante weerspreek hom heeltyd. Dalk is dit dus die Zuma faksie se oogmerk, maar as dit is – is hulle bitter dom en gaan hulle nie oorleef wanneer die beursie leeg raak en die massas nie meer hulle gratis sakgeld kry nie.

Petrus Albertus ·

Dit is weer ń voorbeeld van gulsige eienaars wat eiendom verhuur. Hulle moet besef dat hierdie persele baie moeilik gevul gaan word wanner dinge weer terugkeer na sg “normaal”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.