Twee gered toe gebou oorstroom

Die Amanzimtoti-sakesentrum. Foto: Facebook

Die Amanzimtoti-sakesentrum. Foto: Facebook

Twee vroue is Maandagmiddag uit ʼn oorstroomde gebou in die Amanzimtoti-sakesentrum in KwaZulu-Natal gered.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is deur die polisie na die toneel ontbied. “Hulle het gevind dat die grondverdieping van die gebou reeds tot heuphoogte oorstroom het.”

Die paramedici het die grond- en eerste verdieping deursoek voordat hulle uiteindelik die twee vroue gevind het. “Die vroue is uit die gebou na die ambulans gedra waar hulle medies ondersoek is. Gelukkig was hulle ongedeerd,” het Meiring gesê.

Swaar reën in Durban (Julie 2016). Foto: Rescue Care Paramedici

Swaar reën in Durban (Julie 2016). Foto: Rescue Care Paramedici

Intussen het Ceron Lennox, woordvoerder van Rescue Care Paramedici, gesê die swaar reën in die provinsie het sedert Saterdagnag chaos in en om Durban veroorsaak. “Hoewel die provinsie die reën baie nodig het, het ons ʼn merkbare verhoging in botsings gesien sedert Saterdagaand,” het sy gesê.

“Die meeste botsings het plaasgevind op die M7 tussen die N2 en die N3, op die M13 naby Westwood-winkelsentrum en op die N2 in ʼn noordelike én suidelike rigting. ʼn Modderstorting op die N2 naby die M7 het talle botsings veroorsaak. Gevolglik het verskeie motors op die snelweg onklaar geraak.”

Sy het ʼn beroep op motoriste gedoen om spoed te verminder, ʼn groot volgafstand te handhaaf en seker te maak dat hul motors se kopligte en ruitveërs in goeie werkende toestand is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Amalia Grobler ·

Hoekom dink julle is daar ‘n toename in ongelukke. Die die mens kan nie vir homself dink nie!!! Wanneer dit reen is die teer oppervlak so glad soos seep agv die olie en diesel op die paaie. Hou jou afstand moenie jaag nie en bly van mekaar se gatte af. Mense ek sien dit elke dag!!!! Die mens is die mees ongeskikste en ongeduldige ding op aarde. Gun mekaar ook net daai afstand en respek dan sal daar nie ongelukke wees nie

Cobus ·

As mens dit maar net in almal se koppe kan inkry. Vanoggend WEER gesien toe ek op die R24 ry Johannesburg toe. Dit pad was seepglad maar meneer in sy SUV sal mos so naby aan my ry teen 127km/h dat ek nie eers sy hoofligte in my tru-spieël kon sien. En dan moan mense as hulle in ketting botsings beland.

Uiltjie ·

Goeiemore Maroela – familie!!! Lyk my aardverwarming is met ons?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.